Albert Einstein — ‘There are only two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle’

 

 

Die afgelope week was ek op ‘n stilte retreat gewees. Dit was weer eens vir my  ‘n diep, wonderlike ervaring. Dit is moeilik om in woorde te omskryf wat met ‘n mens gebeur wanneer ‘n mens vir langer tye eenkant gaan, stil word. My ervaring is dat ‘n mens ekstra ruimte skep vir God om ons ten diepste aan te raak. Ps 46:11 verwoord dit vir my die beste: Wees stil en weet Ek is God.

Die natuurskoon by die retreatsentrum was onbeskryflik mooi, dit was kosbaar om Hom ook daarin te beleef. Wat my egter die meeste aangeraak het, was toe ek na een middagete ‘n glas met water voor my gehad het en daarna gekyk het, regtig gekyk het . . .

Hier is die foto van die glas:

Waterglas Origins 4 nov15 Klein

Ek het daarin spatseltjies van die mooiste kleure gesien en toe besluit om dit ‘n bietjie te vergroot. Hier is ‘n paar van die foto’s:

Waterglas 3

Waterglas 1

 

Waterglas 4

Waterglas 2

Ligdans 6

Dit het my dadelik laat dink dat ons elke dag so kan jaag en soveel wondere rondom ons miskyk,  omdat ons te besig is . . .

Gebed: Here, ek kan so deur ‘n dag jaag, terwyl U rondom my skitter en blink. Ek soek dit dikwels in groot dinge, terwyl dit U manier is om die grootste skatte in die mees gewone dinge te versteek. O Heer, maak my hart stil, leeg genoeg sodat my hartsoë sal oopgaan om U oral en in alles te sien.

3 Thoughts on “‘n Glas Water

  1. Zaaiman en Jannij on November 7, 2015 at 9:39 pm said:

    So waar, as ons maar net kan stil word en ons Hom kans gee om ons oë oop te maak.

  2. Willem Nicol on November 8, 2015 at 7:11 am said:

    Die mode is om die “big five” te soek. Kom ons doen ‘n “counterculture” en bly oplettend vir die “small five”.
    DAnkie vir iets besondes, Marita.

  3. Kosbare gedagte! Baie dankie vir hierdie.

Leave a Reply to Willem Nicol Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation