Joh 3:30 Hy moet meer word, maar ek minder.

 

 

Dit tref my weer die afgelope paar dae: wanneer iemand my teenwoordigheid verlaat, verlaat hulle dit nie onveranderd nie. Hulle voel óf beter óf slegter as voor die ontmoeting. Dis vir my belangrik om aan die einde van ‘n dag myself af te vra hoe my wiskunde van die dag gelyk het. Ek som dit so op:

Wiskunde

wat se wiskunde het ek vandag gedoen?
het ek opgetel, bygevoeg, geplus in ander se lewens?
of het ek weggeneem, afgetrek, geminus?
minusbewerkings moet mos net in my eie lewe gedoen word
minder, minus van myself
trek myself af
sodat Hy meer kan word,
geplus, vermenigvuldig word
dan deel Hy sy vreugde, vrede, alles met my!
so word ek dan sy koninkryk deelagtig
nou weet ek: so word alle
euwels, flaters uitgewis
en nou is ek regtig wis-kundig!

Gebed: O groot Leermeester, ek wil graag by U leer. Leer my asseblief om U soort wiskunde elke dag te doen.

IMG_1990

2 Thoughts on “Wiskundeklas

  1. Zaaiman en Jannij on January 22, 2016 at 9:54 am said:

    So mooi gestel, wat jy in naasteliefde doen laat jou nader groei aan Hom, wie ons eerste liefgehad het. Dis so mooi Mariet, dankie daarvoor.

  2. jeanne on March 19, 2016 at 7:39 am said:

    hierdie somwoorde is ingegiet van Bo…net die Here kan sulke briljante vergelykings in so n briljante kop skep!! wel gedoen!!! honderd en tien persent vd Woorde!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation