Fil 1:9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,

‘n Ruk gelede het ek hierdie boom raakgesien. Van ver af het hy so mooi vertoon.

img_0413

Maar toe ek nader kom en by hom stil word, sien ek op sy stam ‘n hart.  Dit het my hart aangeraak . . .

img_0814

Dis asof hierdie boom sy seer hart vir my wys. Die lied van R.E.M. Everybody hurts kom by my op. Nie almal loop met hulle harte op hul moue nie, maar as ons stadiger leef, bietjie R.E.M., stil sit by iemand, regtig omgee, sal hulle hul hart stadig vir jou oopmaak, wys. Dit alles vra egter tyd, liefde en geduld. Dit is oneindig kosbaar wanneer dit gebeur. Klipharde klipharte word dan vleessag . . .

img_0418

Gebed: Here, ons woon in ‘n stukkende wêreld waar almal wonde dra. Help ons asseblief daarom om sag te wees met mekaar, sag te kyk na mekaar, laat ons mekaar daaraan herinner dat U genesende lig altyd daar is en altyd genesing wil bring, U wat altyd sag na ons kyk . . .

One Thought on “Harte en smarte

  1. Veronica Botha on September 9, 2016 at 3:13 pm said:

    Ek wil vir die Liewe Heer vra om my te help om met sagtheid en liefde te luister na iemand wat op my pad kom en wie se hart stukkend is

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation