Psalm 31:15-16 Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand.

Ek het die voorreg gehad om my skoonma, wat ‘n rukkie gelede oorlede is, se Bybel te kry. Tussen die blaaie was daar kosbare ontdekkings. . . Dis asof sy met my gekommunikeer het.

 

Die gedig hieronder was ook daar, netjies uitgeknip:

img_0950

Unfolding the Rose

It is only a tiny rosebud,
a flower of God’s design,
but I cannot unfold the petals
with these clumsy hands of mine.

The secret of unfolding flowers
is not known to such as I.
God opens the flower so sweetly;
when in my hands they die.

If I cannot unfold a rosebud,
this flower of God’s design,
then how can I have wisdom
to unfold this life of mine?

So I’ll trust Him for leading
each moment of my day.
I’ll look to Him for His guidance
each step of the pilgrim way.

For the pathway that lies before me
only my heavenly Father knows
I’ll trust Him to unfold the moments
Just as He unfolds the rose. . .

Here, elke roos is ook die werk van U hand en daarom weet U hoe om dit te ontvou. Daarom kan ek rus in die wete dat U, wat my ook geskep het, my lewe sal ontvou op U volmaakte manier en tyd.

roos-2

img_2025

Hier op aarde is dit vir ons soms moeilik om aan hierdie belofte vas te hou, ons raak so gou ongeduldig en wil self ingryp. . .

Laat elke roos wat ons sien ons daaraan herinner dat ons hier veilig in U liefdevolle skepper- en sorghand is en dat ons op U kan vertrou.

Laat ons onthou: die Roos van Saron het ook die ontvou vertrou . . .

20161107_111437_resized

Jakobus 4:13-15 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”

Die afgelope ruk het ek weer intens besef dat ek glad nie in beheer is nie en ook dat ek glad nie veronderstel is om in beheer te wees nie.

My planne vir verlede week was al ‘n jaar tevore gemaak. Toe is hierdie planne omvergewerp. Ek was eintlik verbaas hoe moeilik dit vir my was om te aanvaar dat dit nou so is. . .

Jesus se woorde aan Paulus op die Damaskuspad raak my diep aan: Handelinge 26:14b Jy maak jou net seer deur jou te verset.

So: ek het die keuse om my te verset, met al die pyne wat daarmee saamgaan, of om te aanvaar, wat ook ‘n pynlike proses is, maar wat uitloop in ‘n vrede, ‘n berusting dat daar ‘n groter plan aan die werk is.

Die verset is ‘n blinde protes: ek kan nie en wil dalk nie sien wat regtig aan die gebeur is nie. Indien ek egter dieper in die pyn ingaan, myself begin afvra wat ek voel en waarom ek dit voel, sien ek in dat dit my ego in een van sy vele vermommings is, wat na vore kom: ek hou daarvan om te beplan en so in beheer te voel.

Dis egter is ‘n groot genade van ons Here dat ‘n mens dit kan raaksien en dit dan kan bely. Die raaksien maak dat ‘n mens afstand daarvan kry, vir jouself kan sê: hier is sy (die ego) al weer, sy wil so graag alles beheer… So kan ‘n mens Hom vra vir sy hulp.

Nou kan daar ‘n aanvaarding kom, ‘n wete, dat ‘n groter plan besig is om te ontvou in ‘n liefdevolle Vaderhand op sy volmaakte manier en in sy volmaakte tyd. Al laat dit my (eintlik net my ego) nie altyd lekker voel nie, kan ek daarin berus dat Hy altyd beter weet.

Net die vorige week by die wetenskapklub sien ons die spirale:

20161026_105923_resized

20161026_105543_resized

Dit herinner aan ‘n ontvouing.

Hierdie varingblare vertel dieselfde storie:

varing-1

Daarom is die twee letters wat ek deesdae meer wil gebruik ‘n D en ‘n V langs mekaar, D.V., Deo Volente, as die Here wil, en om Hom en sy tyd en prosesse meer te vertrou en daaraan oor te gee.

Ons, as sy kinders, kan rus in die wete dat Hy alles ten goede laat meewerk, deur al die groter en kleiner pyne van die lewe.

20161103_150723

Fil 3:20a Maar ons is burgers van die hemel. . .

Sedert die laaste bloginskrywing was daar ‘n groot verlies in ons lewens: my skoonma is verlede Vrydag oorlede. Dis asof verlede week se inskrywing profeties was en ek kon opnuut troos vind in die woorde, die gedig. Ons het ook soveel troos ondervind in die woorde, die omgee en liefde van mense om ons.

ma-susan-9-nov-16

Daar is niks soos die donkerte van dood om ‘n mens te laat besef hoe verganklik, hoe tydelik ons lewens hier is nie. Dit is juis in hierdie oomblikke wat ons intens soek na lig, na iets meer, iets groters. Dit laat ons besef dat ons eintlik deel is van ‘n ander wêreld. . .

img_0339

Die verlies is swaar, maar ons troos lê daarin dat sy nou haar permanente intrek geneem het: haar aardse tentwoning is afgebreek en sy leef nou in haar vaste hemelwoning.

Stof tot dankbaarheid

Met Ma Susan, 1929-2016, se gedenkdiens

vier syfers, ‘n strepie, vier syfers
‘n geboorte, ‘n lewe, ‘n sterwe
lewe het uit-gesyfer . . .
stof wat teruggekeer het na stof,
die woestynwind waai
en ‘n plek is vir altyd leeg

twee datums, ‘n begin, ‘n einde
aan mekaar verbind
die berusting: alle tye rus in sy hand,
die altyd oop, uitgestrekte Hand . . .
wanneer ons hand daarin kom rus
sal dit nooit uit geruk word nie
nie tot in alle ewigheid nie . . .

vier syfers, ‘n stofstrepie, vier syfers
nie ‘n einde
maar ‘n begin . . .
‘n terugkeer van ‘n onsterflike siel
na die onsterflike Stofmaker

Ons sal Ma mis, maar dit troos om te weet waar Ma is. . .

Johannes 14:6a Jesus het vir hom gesê: ”Ek is die weg en die waarheid en die lewe.

Alles is nogal deurmekaar op die oomblik in ons land. Dit voel asof alles val en wat nog nie geval het nie, is op pad om te val. . .

val

Maar wat daarvan as ons heeltemal anders daarna kyk? Ons as Christene het ‘n ander uitkyk op die lewe, want ons kan opkyk na Lewe.

img_6207

Die diep wete dat God altyd aan die werk is en dikwels op baie vreemde maniere, behoort ons as Christene gemoedsrus te gee te midde van enige onrus, enige val . . . In sy arms hoor ons sy sagte fluisterstem.

Troosfluisteringe

alles is reg
Ek is nie weg
Ek is die weg

Wil Hy dalk juis hê ons moet in hierdie tyd val: in sy arms in? So word die val-pad, die af-pad dan ‘n op-pad, op pad saam met Hom.

Kom ons val elke dag in die pad, op hierdie pad!