2 Petrus 3: 8 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag.

Verlede week trek dié asemrowende blom my aandag en ek neem net daar en dan ‘n foto . . .

 

 

Die blom was in Sarha, by wie ek sanglesse kry, se tuin.  Sy sê vir my dat hierdie blom (Tigridia) net vir een dag blom. Sowaar!

Dat U soveel asemrowende skoonheid skep in ‘n blom wat net vir een dag blom, gaan my beperkte begrip heeltemal te bowe. . .

Ek besef hier, dat net soos U weë hoër as ons s’n is, is U tyd ook.

Here, help ons asseblief om in volle bloei te staan op hierdie aarde vir ons een dag, hoe lank U ook al besluit dit sal wees, totdat ons eendag vir altyd in U onverwelklike Koninkryk gaan blom.

2 Thoughts on “Een dag en eendag. . .

  1. Lindy Jordaan on February 5, 2017 at 7:56 am said:

    Sjoe kan nie glo die blom, blom net vir een dag nie. Laat mens dink oor die sê ding, blom waar jy geplant is en wil ek byvoeg vir solank as wat jou een dag is.

  2. Veronica Botha on February 26, 2017 at 4:31 pm said:

    Die Here my sal help om dag vir dag so te lewe dat ek eendag sy Koninkryk mag binnegaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation