Wat die lewe draaglik maak, is die skakel wat daar is tussen mens en mens. Audrey Blignaut
Verlede week se inskrywing het gegaan oor dié blom wat net vir een dag blom. . .
Presiese ‘n week later is ek weer by Sarha en in dieselfde bedding staan daar nie meer ‘n enkel blom nie, maar twee! Hulle raak aan mekaar en hulle raak my aan. . . Helder spatsels lig val so mooi op albei.
Toe kom die insig: elkeen van ons is draers van God se glorie (die geel op die blomme), maar ook van ons verwondheid (die spatsels rooi).
God bring mense op sy regte tyd bymekaar. As ons dan met waagmoed en brose openhartigheid beide aspekte met daardie spesiale mense in ons lewe deel, gebeur daar iets baie kosbaars, spesiaals.
Dié soete wysheid verduidelik so iets daarvan:
Dit skakel ook so mooi in by die woorde van Prediker 4:9 Twee vaar beter as een. Saam vaar ons dan soveel beter om te ervaar en te aanvaar dit wat in ons lewens na ons toe kom.
Dankie dat jy my “twee vaar beter as een” vriendin is!
Ons het mekaar so nodig. Ons wil nie alleen wees nie.