Matt 12:34 Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Sommer hier aan die begin van Lydenstyd, nog voordat ek kon besluit waarvan ek moontlik kon vas, het dit gebeur: my stem het verdwyn. Laringitus en ‘n erge seer keel het twee wagte geword wat binne en toe sommer ook voor my mond geplaas is!! Die dokter gee baie medisyne en sê my stem moet rus.

Aanvanklik het ek nie gedink dat dit vir my moeilik sou wees nie, want ek is mos gewoond aan stilteretreats. Maar om in jou alledaagse omgewing nie te praat nie, is ‘n totaal ander storie. Ly ek dalk aan praatsiekheid?

Hoeveel anders is dit nie om eers mooi te besluit of ek hierdie enkele woorde gaan sê of nie? Toe ek later begin skryf wat ek wil sê, besef ek dat wanneer ‘n mens sien wat jy sê, sien jy jou woorde in ‘n totaal nuwe perspektief! Dis asof mens ook vooraf besin oor watter effek hierdie woorde gaan hê.

Die Engelse spreekwoord lui: “Silence is golden”.

U nooi ons altyd uit om naby U te bly, om sodoende ingestem te bly om u sagte influistering in ons harte duidelik te hoor.

Hierdie praat-vas word toe ‘n gulde geleentheid om opnuut my taal te gaan haal uit die stilte van my hart. Dan sal ek myself nie later vaspraat nie. . .

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation