Joh 8:12 Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

‘n Ongelooflike ervaring wink: ‘n pelgrimstoer na Rome en Assisi. . .

Daarmee saam kom die uitnodiging om ‘n gemaksone te verlaat en weg, verder te reis.

Dit kos deeglike beplanning, asook besinning om te besluit wat saam gaan reis of nie. Dinge wat voorheen as noodsaaklik beskou is, sal te swaar raak om saam te dra. . . Dit geld nie net vir dit wat binne ‘n tas gepak word nie, maar ook vir dít wat binne saam gaan reis. . .

Die insig kom: om in die lig van U teenwoordigheid te reis, vereis dat mens lig reis.

(Daar gaan dus vir die volgende paar weke nie bloginskrywings wees nie. Seën vir julle almal, waar julle ook al is.)

2 Thoughts on “Lig-reis

  1. Jannij en Zaaiman on May 26, 2017 at 7:29 am said:

    Mag die reis vir jou baie seën inhou.

  2. Dawie Mulder on May 27, 2017 at 8:10 pm said:

    Marita, mag dit ‘n vervullende en selfs “oorvullende” ervaring wees. Mag jy ‘n ongekende intimiteit met die Here Jesus beleef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation