Ps 121:1 ‘n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

Dié beeld van Francis op berg Subasio het vir my ‘n diep kyk in ‘n geheim van sy lewe gebied:

Hy het gereeld opgegaan berg toe om tyd alleen met God te spandeer. Hier lê hy plat op sy rug.

Francis het ook hier Jesus se voorbeeld gevolg:

Lukas 6:12 In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.

Dis wanneer mens gereeld in stille oorgawe jou rug laat rus teen die Rots, dat jou rug breed genoeg raak wanneer jy terugkeer na jou lewensvallei en dat jy nie met jou rug teen ‘n muur sal staan nie, omdat Sy hulp, sy nabyheid altyd daar is.

Is dit ‘n tydlose bergtydgeheim dat jou (uit)sig hier herstel word en dat jy ervaar hoe die Rots jou oral omvou en invou?

One Thought on “‘n Geheim word rugbaar. . .

  1. Susan on July 15, 2017 at 10:59 am said:

    Lief Marita Baie dankie vir die deel van Francis en Assisi. Kosbaar om dit deur jou oë te “sien en te beleef”. Neem my terug na ons besondere reis in 2016. Liefde en seën vir jou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation