Matt 6:29 Maar Ek sê vir julle: Koning Salomo was ryk en hy het mooi aangetrek, maar sy klere was nie so mooi soos een van hierdie blomme nie.

Ons was vir ‘n paar dae in die Bosveld. In ons naweekhuis het ‘n bos papawers, gerangskik in ‘n blompot, ons ingewag.  Ek moes eers aan hulle raak om te voel of hul eg is, amper soos ‘n Thomas-voel. Dadelik het ek geweet dat hier ‘n dieper boodskap gaan kom.

Jesus het saam met sy dissipels deur die veld geloop en die skoonheid van die lelies onder hul aandag gebring. . .

Deur die lens kom dieselfde boodskap:

Jammer, Salomo, inderdaad kom jy sleg(s) tweede hier. . .

Jesus laat sy storie ‘n draai loop deur die skoonheid van ‘n brose, verganklike blom om ons te laat besef dat Hy sal sorg, dat ons nooit bekommerd hoef te wees nie.

Die stralende skoonheid van hierdie blomme herinner ons daaraan om as ligdraers te leef en ook dat Hy die spil is waarom ons lewens moet draai. . .

Matt 6: 33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

One Thought on “Jammer, Salomo. . .

  1. Zaaiman en Jannij on July 22, 2017 at 6:25 am said:

    Ja, hoe het Jesus Sy skepping sekerlik ook geniet toe Hy hier was. Elke blom, boom, diertjie, en God het gesê “dit is goed”. Dankie dat ons die papawers saam met julle kon geniet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation