Min sou ek weet dat daar na die vorige inskrywing nog ‘n wonderlike wit-verhaal aan die ontvou was. . .

Ons was vir ‘n paar dae Drakensberge toe en op 16 November, tydens die lente se laaste doodsnikke, het ons sneeu beleef!

Vroegoggend was daar ‘n missluier oor die berg gedrapeer. . .

Ons geduldige wag is later ryklik beloon met hierdie ongelooflike gesig. Die bergtoppe was spierwit, reinwit gekleed!

Ons kon nie ophou kyk nie! Soveel skoonheid is amper te veel om in te neem.

Die volgende woorde in verlede week se blog resoneer diep:

Kan jou hart se siel begryp na wie ek verlang? 
Dit is jy, my bruid in ewigheid.

Jesaja 54:10 Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet.

Hosea 2: 18-19 Ek gaan jou my bruid maak vir altyd. Ek gaan jou aan My bind deur my weldade en my goeie sorg, deur my liefde en my ontferming. Ek gaan jou aan My bind deur my onverbreekbare trou sodat jy aan My, die Here, toegewy sal wees.

Die berg met sy spierwit sneeu en die wolksluier herinner aan ‘n bruilof, onder ‘n hemelblou lug voltrek. . . Hoe kan U bruid dan anders as om U lof te bring, U lof te besing tot in die hoogste hemele?

Terug by die huis, kyk ek op en sien die wit wolke en die blou hemel. . . Die besef kom dat ‘n diep kyk daarna dieselfde waarheid tuisbring.

Dit wil voorkom asof ons soms ver moet reis om die skatte reg onder ons neuse (ook bo ons neuse!) raak te sien, te ontdek. . .

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation