Jesaja 35:2 Ja, daar sal ’n oorvloed wees van blomme, en ’n gejuig en gesing!

As ‘n mens maar één van God se volmaakte blomme moes maak, sou dit ‘n leeftyd geneem het. William Blake

Blomme is die poësie van die aarde, soos sterre die poësie van die hemel is. Anoniem

Wesens van ‘n planeet waar daar nie blomme is nie, moet seker dink ons aardbewoners is mal van vreugde om soveel skoonheid rondom ons te hê. Iris Murdoch

In vreugde of in smart is blomme ons getroue vriende. Kokuzo Okakura

Blomme is ‘n groot seëning, want die Here het ‘n ruikertjie gemaak in die veld met sy dissipels en Hy het gepreek oor die lelie; want daar is geen hoogte waar daar nie blomme is nie. Blomme is ‘n groot seëning vir al die sintuie. Christopher Smart

Here, mag ons ook in ‘n wêreld wat smag na seën, U blomme wees wat seën bring vir almal om ons.

Dis slegs U nabyheid en seën wat ons daartoe in staat stel. . .

2 Thoughts on “Seënblomme

  1. jeanne on February 4, 2018 at 7:42 pm said:

    dis soo spesiaal,,,nooit geweet van so n vers….

  2. Antoinette Lortan on February 25, 2018 at 7:49 pm said:

    In Johannes 8:32 sê Jesus: en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

    Dankie Marita!!! Ongelooflik geskryf.

    Soms hou mens so vas aan leisels wat nie joune is om vas te hou en Hy wil dit vat om jou vry te maak. Dankie hiervoor.

Leave a Reply to Antoinette Lortan Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation