Onlangs loop hierdie twee keëls my raak en bied ‘n pragtige en kragtige metafoor aan. . .

Die een bo die ander lê die twee daar; die onderste keël is feitlik heel terwyl die een op die trappie oopgebreek het . . .

Wil ons dalk so graag heel soos die onderste keël wees, maar voel ons so gebroke soos die boonste een?

In ons Here se hand is dit goeie nuus om gebroke te wees, Hy wat self gebreek is vir ons.

Paulus skryf in 2 Korintiërs 12:9 :

(1983-vertaling) Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

(Bybel vir almal) Maar Hy het vir my gesê: “Ek is genadig vir jou, en dit is genoeg, want wanneer iemand weet dat hy swak is, dan word my krag in sy lewe meer.”

(Boodskap) Toe sê die Here uiteindelik vir my: “My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.”

U, die Lig, is altyd by u kinders, veral wanneer hul uitroep na U vanuit hul gebrokenheid.

Nooi U ons dalk in hierdie Lydenstyd uit om daarvan te vas om voor te gee dat ons sterk en onaantasbaar is en dat ons besef hoe swak en kragteloos ons werklik sonder U is?

Hierdie woorde van Jesus uit die bergprediking bied onbeskryflike hoop:

Matthew 5:3 “Happy are those who know they are spiritually poor; the Kingdom of heaven belongs to them!

Dis eers wanneer ons oopgebreek is dat ons ten diepste besef: ons dra wel wonde, maar ons is ook die saaddraers van die ewige Skat!!

Laat ons dan nou vas en nie probeer toehou en vashou nie, sodat ons as oop, dankbaar en vrye Koninkrykskinders kan leef. . .

2 Thoughts on “Laat ons vas. . .

  1. Toetsie on March 9, 2018 at 9:36 am said:

    Baie dankie Marita. Sjoe, ek besef net weer hoe groot die kontras van hoe God na swak en gebrokenes kyk, teenoor die boodskap van die wêreld. Die geheim bly maar om deur God se oë te kyk en ons nie aan die wêreld te steur nie?

  2. Antoinette Lortan on April 6, 2018 at 7:04 pm said:

    Wow Marita!!! So baie dinge uit my lewe kom hier op. Dankie!! Ek kan met alles identifiseer. Die laaste paar jare weet jy was baie hard op my. Jesus het daai swaar kruis gedra, hy is misverstaan en op gespoeg en Hy het vasgehou aan die waarheid. In my eie swaarkry ervaar ek dit ook. Ek sien ook dat ek meer kon inkeer as wat ek het, want my skerwe het ook van die naaste aan my seergemaak. Dan rus ek weer in die wete dat Hy my hart deursoek…..

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation