‘n Vriendin vertel hierdie week baie opgewonde van ‘n helikopterrit wat sy onlangs beleef het en hoe die aarde so anders, so pragtig, van daar bo af lyk.

‘n Vlerk-tema begin posvat. . .

Hierdie woorde kom uit ‘n lied Give Me Wings:

 

High above the clouds
I can see the beauty down below
And I know You’re holding me
I’ll never fly alone
Give me to reach the sky
Moving up I’m rising high
Give me wings to fly

Maar hoe? Ons voel dikwels so vasgevang in ons omstandighede en ons perspektief raak erg beperk.

In die lig van Sy teenwoordigheid kan ons egter bewus word daarvan dat daar ‘n uitnodiging na ‘n wyer, groter lewe wink. Ek glo dat ‘n diep geborgenheid en die wete dat mens toegevou is in Sy liefdeslig, al is dit hoe donker daar buite, ‘n hart sy vlerke sal laat voel. Onverklaarbaar kom daar ‘n ligtheid anderkant rede. . .

Hy gee alles: die beskutting, die vlerke, die sterkte en die wind!

Met dankbare en gewillige harte sprei ons ons vlerke. . .

So is U genadige plan om ons al dieper en verder in U wye ruimtes in te trek. . .

One Thought on “Vlerke

  1. Susan Pieterse on May 7, 2018 at 3:15 am said:

    Dankie Marita vir die vasvat en so spesiaal met, vele perspektiewe, hierdie in ons daaglikse lewe toe te pas. Waardeer jou blog ! n Kosbare geskenk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation