Toe ons verlede jaar in die Drakensberge was en daar in November sneeu geval het (sien blog van 24 November 2017), het ek vroegoggend vinnig met my kamera om die huis na buite geloop sodat ek niks van die ongewone skouspel sou mis nie. . .

Daar was egter ‘n skouspel van ‘n ander aard wat ek byna misgeloop het. . . Nadat ek die berge afgeneem het en teruggeloop het huis toe, sien ek teen die muur ‘n klein kolletjie.

Nuuskierig het ek al nader gegaan. . .

En was ek verras!!

Die swart van sy lyfie het geblink en geglim in die son en teen die vuuroranje kontras was dit ‘n skouspel.

Kyk net na die perfekte simmetrie! So volmaak!

Dit was ‘n grootse oomblik. . .

U kunstenaarshand is net so sigbaar in die majestueuse Drakensberge as in hierdie insek wat so ‘n fisies klein spasie inneem en so maklik misgekyk kan word.

Here, is dit dalk juis die sogenaamde “klein” dingetjies wat groot ruimtes in ons harte inneem? Maak dit juis dat ons oë groter oopgaan om U in alles raak te sien en te sien dat alles na U heenwys?

Verbeel ek my of sien ek iets soos ‘n glimlag op sy gesiggie geteken?

Mag elkeen van U kinders ook voorturend bly glim en glimlag, gevul met U brandende liefde, want ons wêreld het dit so nodig. . .

So wys ook ons in ons kleine lewens heen na die groot God van die ganse heelal. Hoe groot is U!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation