‘n Vriendin stuur hierdie week vir my ‘n soortgelyke video op whatsapp:

Is dit nie ongelooflik nie?!

Ek kan myself net nie voorstel dat hulle vir mekaar kwetsende woorde sal kwetter of fluit nie! Sulke soete klanke kan mos sekerlik nie lelike of venynige boodskappe dra nie?

Sou dit nie wonderlik wees as ons elkeen voordat ons ‘n woord of sin uiter eers onsself afvra of dit in voëlfluittaal uitgedruk sou kon word of nie?

Nou luister ek hoedat die voëls in my tuin die mooiste boodskappe fluit en hoor ek U liefdeshart ook daarin. Ek weet dis waar, want my hart word warm en fluit terug: ek het U ook lief!

Mag ons mekaar aan die einde van elke dag vra: het jy ook vandag ‘n voëltjie hoor fluit?

One Thought on “Die mooiste taal op aarde?

  1. Lindy Jordaan on September 25, 2018 at 11:04 am said:

    Hi Marita, verseker wil ek ook ‘n wag voor my mond plaas!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation