Matt 6:22 NLV “Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word…

Sê nou maar net dis die eerste keer wat jy hierdie lewende wese sien;

Hoe sou jy dit aan iemand beskryf?





Nadat ek hierdie oefening gedoen het, het ‘n duif, ‘n alledaagse duif in ons tuin, vir my ‘n skoonheid, ‘n perfeksie gekry wat ek vantevore totaal misgekyk het.

Here, help ons om stil, nuut en vars, soos met kinderoë, te kyk na iets “oorbekends”, so asof ons dit vir die eerste keer sien. Dalk kan jy die oefening doen op iemand na aan jou, ‘n dier, plant of ‘n boom of wat ook al. Miskien word mens onverwags verras. . .

The real voyage of discovery consists not in seeking new landscapes, but in having new eyes. Marcel Proust

Die klein prinsie het die geheim geken:

“And now here is my secret, a very simple secret: It is only with the heart that one can see rightly…” Antoine de Saint-Exupéry, The Little Prince

Here, U wat alles nuut maak, suiwer ons harte en oë sodat U lig ons binnestroom en ons werklik kan sien soos U wil hê ons moet sien! Ons weet dit gebeur wanneer ons al meer en meer in verwondering leef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation