Johannes 8:12 Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Ons was vir ‘n ruk in die Drakensberge gewees en toe ons aan die einde van ons vakansie in die motor wag dat die veiligheidshek van die oord agter ons toegaan, begroet hierdie toneel ons aan die oorkant van die pad:

Help ons, Here, dat wanneer daar soms deure of hekke agter ons toegaan, ons nie onsself blind daarteen sal staar nie, maar sal bly voortreis om u alomteenwoordige lig op nuwe en verrassende maniere te beleef. . . Maak asseblief ons oë wawyd daarvoor oop.

U kleed wat met lig omhul is, wag ons om elke hoek en draai in en rus sag op ons. . . So maak U ons lewensreis een wat lig en vol lig is.

One Thought on “Ligreis

  1. Susan Pieterse on May 18, 2019 at 4:17 am said:

    Liewe Marita
    Dankie ! Het vanoggend ñ paar van jou blogs kon lees.
    Ek waardeer die “vrede”, diep wysheid en die mooi mooi van jou skrywe.
    Liefdegroete Susan

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation