Eksodus 3:2-5 Skielik het die engel van God aan hom verskyn in ’n vlam wat in ’n bos brand. Moses was verwonderd, want die bos het aanhou brand, maar dit het nie uitgebrand nie. “Dit is snaaks,” het Moses vir homself gesê. “Hoekom brand die bos dan nie uit nie? Laat ek gaan kyk wat aangaan.” Toe die Here sien dat Moses naderkom om ondersoek in te stel, het Hy uit die bos na hom geroep: “Moses, Moses!” “Dit is ek, ja,” het Moses geantwoord. “Moenie nog naderkom nie,” het die Here vir hom gesê. “Trek uit jou sandale. Die plek waarop jy staan, is heilige grond.”

Brandpunt

raak ons uitgebrand
omdat ons nie gereeld
by die bos
wat nooit uitgebrand raak
stil en kaalvoet
gevul met verwondering
luister na die Stem
wat ons
op die naam ken?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation