{"id":15,"date":"2015-09-05T17:06:35","date_gmt":"2015-09-05T17:06:35","guid":{"rendered":"http:\/\/digbyu.co.za\/?page_id=15"},"modified":"2015-11-13T17:29:40","modified_gmt":"2015-11-13T17:29:40","slug":"agtergrond","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/agtergrond\/","title":{"rendered":"Agtergrond"},"content":{"rendered":"<p>God het my ten diepste aangeraak in die stilte.<\/p>\n<p>Ek was altyd hierdie besige, besige vrou wat altyd elke minuut, sekond probeer volprop het met \u2018n taak. \u2018n Mens sit mos nie rond en doen niks nie, want ledigheid is mos ons vyand se oorkussing, so het ons verstaan. God het my egter stadigaan, baie geleidelik begin lok na \u2018n pad van stilte.<\/p>\n<p>Dit het ongeveer so twee jaar gelede begin gebeur toe die radio se klanke my begin irriteer het, ek het dit afgeskakel by die huis, ook later in die motor. Kort daarna was ek op \u2018n stilteretreat en daar het groot dinge in my lewe begin oopgaan. Daar het ek Gebed van die hart (of Centering Prayer) leer ken en dit begin beoefen.\u00a0 Ek kan dit verduidelik as \u2018n stilword, \u2018n rus in God se teenwoordigheid. Die drie beste Bybelgedeeltes vir my om dit te verduidelik is Ps 46:11 &#8211; <em>Wees stil en weet Ek is God<\/em><em>, <\/em>\u00a0Ps 131:2 \u00a0&#8211; <em>Ek het rus en kalmte gevind. Soos &#8216;n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind <\/em>en Matt 6:6 \u00a0&#8211; <em>Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.<\/em><\/p>\n<p>Dit voel meestal asof daar niks gebeur tydens die stil gebed nie, maar \u2018n mens begin stadig die botsels nuwe lewe in die tyd buite die gebedstye waar te neem.\u00a0 Dis asof daar \u2018n verdieping in \u2018n mens se geloof kom, \u2018n dieper oorgawe aan alles, aan God, aan die lewe . . . Skielik hoef ek nie meer alles te beoordeel en veral te veroordeel nie. Dis asof \u2018n mens meegee aan \u2018n diep vloei, iets baie groters as jou eie klein denke, verstaan en dat jy daarmee tevrede is. Eintlik is ek baie meer as tevrede, ek ervaar \u2018n diep vrede anderkant woorde. Ek glo dit is waarvan Paulus skryf in Fil 4:7 <em>En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.<\/em><\/p>\n<p>\u2018n Mens begin anders dink oor alles en sien alles anders, asof \u2018n mens \u2018n nuwe paar o\u00eb gekry het, ook \u2018n nuwe hart, \u2018n sagterwordende hart. Dis asof \u2018n mens uit \u2018n ander identiteit begin leef: die beminde van God. Dis asof jy in God se o\u00eb gekyk het en die onvoorwaardelike, oorvloedige, aanvaardende liefde daarin asof vir die eerste keer sien, aanvaar en daaruit te begin leef. \u2018n Mens leer daarna om jouself te aanvaar, foute en al, en kan dit daarna met jou medemens ook doen. \u2018n Mens begin ook \u2018n diep blydskap te ervaar oor alles, veral ook die klein, eenvoudigste dingetjies in \u2018n mens se alledaagse lewe.<\/p>\n<p>In die tye wat ek ook net stil by Hom gesit het, my aandag op Hom gefokus het, het Hy vir my hierdie gedigte, wat ek van tyd tot tyd in die Blog sal gebruik, gegee. Dit was vir my \u2018n totaal nuwe \u201ctaal\u201d, want eintlik is ek \u2018n wetenskaplike, \u2018n chemikus. Dit is ook vir my \u2018n manifestering dat iets diep in my begin skuif het.<\/p>\n<p>Hy het soveel skatte wat Hy vir ons wil gee, as ons net stil genoeg wil raak en ons ego laat gaan en alles waaraan ons so kan vasklou in hierdie w\u00eareld.<\/p>\n<p>My droom is dat hierdie blog waar ek van my daaglikse ervarings met jou wil deel, vir jou iets mag beteken in jou eie reis met die Here. Hy is elke dag intens betrokke in elkeen van ons se lewens, elke dag met alles, deur alles wat met ons gebeur, al lyk dit hoe gering ook al. Hy het ons so lief, meer as wat ons ooit kan dink of droom. My gebed is dat ek al hoe minder word en Hy al meer, sodat Hy my kan gebruik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>God het my ten diepste aangeraak in die stilte. Ek was altyd hierdie besige, besige vrou wat altyd elke minuut, sekond probeer volprop het met \u2018n taak. \u2018n Mens sit mos nie rond en doen niks nie, want ledigheid is mos ons vyand se oorkussing, so het ons verstaan. God het my egter stadigaan, baie <span class=\"ellipsis\">&hellip;<\/span> <span class=\"more-link-wrap\"><a href=\"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/agtergrond\/\" class=\"more-link\"><span>Read More &rarr;<\/span><\/a><\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/15"}],"collection":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/15\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":157,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/15\/revisions\/157"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}