{"id":17,"date":"2015-09-05T17:07:08","date_gmt":"2015-09-05T17:07:08","guid":{"rendered":"http:\/\/digbyu.co.za\/?page_id=17"},"modified":"2015-11-13T17:40:30","modified_gmt":"2015-11-13T17:40:30","slug":"gebed-van-die-hart","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/gebed-van-die-hart\/","title":{"rendered":"Gebed van die hart"},"content":{"rendered":"<p>Ek het in die Agtergrondbladsy begin om te verduidelik wat Gebed van die hart (of Centering Prayer) beteken.<\/p>\n<p>Miskien het jy dalk al ervaar dat jy soms, nadat jy Bybel gelees en \u00a0(met woorde) gebid het, net \u2018n behoefte het om nog \u2018n paar minute stil te bly sit. Dis waar Gebed van die hart begin. Die woorde van Soren Kierkegaard som dit ook vir my goed op: <em>Bid is om stil te bly en God te hoor praat.<\/em><\/p>\n<p>Hierdie gedig deur Edwina Gately help ook om dit te beskryf:<\/p>\n<p><em>Let Your God Love You<\/em><\/p>\n<p>Be silent.<br \/>\nBe still.<br \/>\nAlone.<br \/>\nEmpty<br \/>\nBefore your God.<br \/>\nSay nothing.<br \/>\nAsk nothing.<br \/>\nBe silent.<br \/>\nBe still.<br \/>\nLet your God look upon you.<br \/>\nThat is all.<br \/>\nGod knows.<br \/>\nGod understands.<br \/>\nGod loves you<br \/>\nWith an enormous love,<br \/>\nAnd only wants<br \/>\nTo look upon you<br \/>\nWith that love.<br \/>\nQuiet.<br \/>\nStill.<br \/>\nBe.<\/p>\n<p>Let your God\u2014<br \/>\nLove you.<\/p>\n<p>Kom ons raak meer prakties:<\/p>\n<p>Kies \u2018n stil plek, waar jy nie vir omtrent so 10-20 minute gesteur sal word nie. Jy kan op \u2018n stoel, jou bed of plat op die grond sit, eksperimenteer wat vir jou die beste sal werk.<\/p>\n<p>Jy kan begin deur eers \u2018n gedeelte uit die Bybel te lees. Lees dit stadig, oordenkend deur. Vra jouself af: wat wil die Here vir my s\u00ea deur hierdie gedeelte? Ervaar in jou hart waartoe Hy jou nooi. Daarna kan jy Hom antwoord daarop. Daarna kan jy net stil raak, so asof jy jou hart vou om die teks en dit deel van jouself maak. Jy kan \u2018n woord kies uit die gedeelte, bv. \u00a0liefde, genade of watter woord ook al vir jou iets beteken het en dan net stil te word.<\/p>\n<p>Jy kan ook jou asemhaling (diep in- en uitasem) gebruik om jou te help om in die stilte in te beweeg. Eksperimenteer gerus wat vir jou ook al die beste werk. Wat jy dan doen is, as jy ervaar dat ander gedagtes deur jou kop begin beweeg (en dit sal beslis gebeur!) jy net weer jou woord of asemhaling gebruik om jou saggies weer te laat fokus dat jy nou in God se teenwoordigheid rus. Jy kan ook vir jou \u2018n gebedswoord kies wat jy elke dag gebruik tydens Gebed van die hart.<\/p>\n<p>Probeer om aanvanklik vir so 5-10 min in die stilte te sit en as dit vir jou werk, kan jy dit verhoog na 20 minute. As jy dit twee keer per dag kan doen, sal dit baie goed wees, maar dis nie altyd prakties moontlik nie. Kyk watter tyd van die dag vir jou die beste werk, dalk vroegoggend of later in die aand.<\/p>\n<p>Dit is moeilik om getrou te wees om elke dag Gebed van die hart te beoefen, dit verg dissipline en getrouheid. Soms is dit maklik, maar soms skree alles in \u2018n mens om op te staan en uit te loop. Ons is so gekondisioneer om altyd besig te wees, om van die een aktiwiteit na die ander voort te snel, dat dit aanvanklik baie vreemd is om net stil te sit en op die oog af niks te doen nie.<\/p>\n<p>Dit is egter so, dat indien \u2018n mens eers aangeraak is in die stilte, dit vir \u2018n mens \u2018n heilige tyd word. Dit word die stil kern waarom \u2018n mens se lewe draai. Dit is ook so, dat indien dit oorgeslaan word, \u2018n mens gedisori\u00ebnteer begin voel. G\u2019n wonder die Engelse naam vir Gebed van die hart is \u201cCentering Prayer\u201d nie.<\/p>\n<p>Mag dit vir jou ook die ruimte skep waar God jou net dieper in Homself intrek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het in die Agtergrondbladsy begin om te verduidelik wat Gebed van die hart (of Centering Prayer) beteken. Miskien het jy dalk al ervaar dat jy soms, nadat jy Bybel gelees en \u00a0(met woorde) gebid het, net \u2018n behoefte het om nog \u2018n paar minute stil te bly sit. Dis waar Gebed van die hart <span class=\"ellipsis\">&hellip;<\/span> <span class=\"more-link-wrap\"><a href=\"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/gebed-van-die-hart\/\" class=\"more-link\"><span>Read More &rarr;<\/span><\/a><\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/17"}],"collection":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=17"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/17\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":160,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/17\/revisions\/160"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=17"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}