{"id":10,"date":"2015-09-05T17:02:09","date_gmt":"2015-09-05T17:02:09","guid":{"rendered":"http:\/\/digbyu.co.za\/?p=10"},"modified":"2016-06-15T18:05:00","modified_gmt":"2016-06-15T18:05:00","slug":"ons-verwondheid-die-les-van-die-mes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2015\/09\/05\/ons-verwondheid-die-les-van-die-mes\/","title":{"rendered":"Ons verwondheid: die mes se les"},"content":{"rendered":"<p><em>Jes 53:5b .. die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur s\u00fd wonde het daar vir ons genesing gekom.<\/em><\/p>\n<p>Dit was net \u2018n klein swaaibeweginkie bietjie te veel na regs, wat skielik soveel dinge in my laat beweeg het\u2026<\/p>\n<p>Ek was vanaand besig om hoender te sny met ons skerpste, grootste mes in my hand, toe die mes skielik my regterwysvinger deur die nael tref en so \u2018n V in my nael sny. Na die aanvanklike tot-stilstand-kom skok, besef ek dat ek die bloedvloei moet stop. As so iets gebeur, is dit dadelik asof daar \u2018n swerm gedagtes, gevoelens skielik so begin dwarrel in \u2018n mens: eers die ongeloof dat dit so skielik, onverwags gebeur het, magteloosheid, \u00a0woede dat \u2018n mens so lomp kan wees, dat \u2018n mens dit sou kon verhoed het\u2026 So \u2018n bietjie selfbejammering kom ook te voorskyn\u2026 Die pyn, seer klop ritmies, bloeiend deur my vinger.<\/p>\n<p>Later, na die ontsmetting en die pleister daaroor, kom die refleksie. Ons is so broos en dit kan iets so klein, gerings wees wat \u2018n mens opnuut bewus maak daarvan. Ek het nooit voorheen besef hoeveel keer ek my wysvinger gebruik nie, maar is nou pynlik, terde\u00eb bewus daarvan.<\/p>\n<p>In hierdie pyn, in hierdie broosheid, ervaar ek iets, vlugtig, ontwykend, van wat Hy moes ervaar het in sy verwonding.\u00a0 Ek besef ook dat as kleikind ek maar net \u2018n beperkte begrip van hierdie misterie kan h\u00ea. Daar is net \u2018n diep weet dat die Koning van die heelal daarmee gewys het dat Hy verkies om in brose kleipotte te woon sodat ons \u2018n bonatuurlike lewe alreeds hier kan leef. \u00a0Dit laat \u2018n diepe dankbaarheid anderkant woorde, in my opwel.<\/p>\n<p>Dit laat my verder dink dat Hy ons dieper wonde ook wil genees, daardie wonde waarvan net ek en Hy weet. Verder is ek ook in die laaste tyd pynlik bewus van my medemens se wonde, maar hoe ons aan mekaar verbind raak juis deur ons verwonding. Dis asof pyn, veral \u2018n ander se pyn, \u2018n mens buite jouself neem na \u2018n groter ruimte en iets laat ervaar van \u2018n groot misterie wat in lyding opgesluit is.<\/p>\n<p>Intussen herinner die v op my vinger my daaraan dat ek, as <strong>v<\/strong>erloste, in <strong>v<\/strong>erwondering selfs oor <strong>v<\/strong>erwonding kan leef en dat <strong>v<\/strong>reugde, <strong>v<\/strong>rede en <strong>v<\/strong>ryheid daaruit vloei . . .<\/p>\n<p><strong>Kloppende pyn<\/strong><\/p>\n<p>Heiligheid klop altyd,<br \/>\nvibreer altyd in alles<br \/>\ndeur alles<br \/>\nselfs, veral, \u00edn pyn . . .<br \/>\nbloeiend na genesing<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Origins-Bloed-en-Vere-1-Klein.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-40 size-large\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Origins-Bloed-en-Vere-1-Klein-1024x683.jpg\" alt=\"Origins Bloed en Vere 1 Klein\" width=\"580\" height=\"387\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Origins-Bloed-en-Vere-1-Klein.jpg 1024w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Origins-Bloed-en-Vere-1-Klein-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 580px) 100vw, 580px\" \/><\/a><\/p>\n<p><em>Openbaring 19:13 Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: \u201cDie Woord van God\u201d.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jes 53:5b .. die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur s\u00fd wonde het daar vir ons genesing gekom. Dit was net \u2018n klein swaaibeweginkie bietjie te veel na regs, wat skielik soveel dinge in my laat beweeg het\u2026 Ek was vanaand besig om hoender te sny met ons skerpste, grootste <span class=\"ellipsis\">&hellip;<\/span> <span class=\"more-link-wrap\"><a href=\"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2015\/09\/05\/ons-verwondheid-die-les-van-die-mes\/\" class=\"more-link\"><span>Read More &rarr;<\/span><\/a><\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":40,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[4,3],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10"}],"collection":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=10"}],"version-history":[{"count":21,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1192,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10\/revisions\/1192"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/40"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=10"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=10"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=10"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}