{"id":2274,"date":"2016-12-23T04:34:00","date_gmt":"2016-12-23T04:34:00","guid":{"rendered":"http:\/\/digbyu.co.za\/?p=2274"},"modified":"2016-12-23T05:32:24","modified_gmt":"2016-12-23T05:32:24","slug":"kersfees-het-twee-ks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2016\/12\/23\/kersfees-het-twee-ks\/","title":{"rendered":"Kersfees het twee K&#8217;s . . ."},"content":{"rendered":"<p><em>Joh 1:9 Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die w\u00eareld toe.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Dis twee baie ou Kerskaartjies, beide afdrukke van oorspronklike mondgeverfde skilderye, wat vir my die blye, wyer boodskap van daardie heilige nag kom uitbeeld het.<\/p>\n<p>Die staltoneel en die vorm van die sterre in drie tonele het veral my oog gevang.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-2271\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-220x300.jpg\" alt=\"\" width=\"445\" height=\"608\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-220x300.jpg 220w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-768x1047.jpg 768w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-751x1024.jpg 751w\" sizes=\"(max-width: 445px) 100vw, 445px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Die refleksie kom: ons Redder het met sy brose liggaam in \u2018n houtkrip gel\u00ea en \u2018n paar dekades later het sy brose liggaam weer teen hout gel\u00ea, hierdie keer vasgespyker teen \u2018n kruis.<\/p>\n<p>Die kruisster wat bokant die krip hang is vir my \u2018n heenwysing na die kruis waaraan die Kripkind eendag sou hang. Wat \u2018n liefde! Hy wat self God is, het broos en swak geword ter wille van hierdie liefde. <em>1 Joh 3:16a Hi\u00e9raan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgel\u00ea.\u00a0<\/em>Dit laat my in blye aanbidding buig. . .<\/p>\n<p>Hy nooi ons elke dag om Hom te volg. Dit behels dat ons, net soos Hy, sal opgroei en sterk word. \u00a0<em>Luk 2:40 Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.<\/em><\/p>\n<p>Daarvoor moet ons elke dag gevoed word sodat ons uit ons krippe kan klim. \u00a0Hy, die Brood van engele, wil ons voed met die beste koring en heuning uit die rots. Ons kan ook vashou aan die wete dat God se genade op ons sal wees, want so bly sy lig steeds tot vandag toe sigbaar.<\/p>\n<p>Die krip en die kruis, dis die twee K\u2019s van Kersfees. Dis die volle verhaal van Kersfees. Dis ons Here se wil dat dit ook ons verhaal sal wees. Die tweede gedeelte van <em>1 Joh 3:16: Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te l\u00ea.<\/em><\/p>\n<p>Hy wil h\u00ea dat ons ons kruis sal opneem en Hom sal volg, vanaf die Betlehemster tot by die helder M\u00f4rester wat tot hier binne ons kom leef . . .<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-Kruisster.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-2273\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-Kruisster-223x300.jpg\" alt=\"\" width=\"458\" height=\"616\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-Kruisster-223x300.jpg 223w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-Kruisster-768x1031.jpg 768w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-Kruisster-763x1024.jpg 763w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Kerskaartjie-Kruisster.jpg 840w\" sizes=\"(max-width: 458px) 100vw, 458px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Ek lees die vanne van di\u00e9 twee mondkunstenaars, lettergreep per lettergreep: die eerste een is <em>Verster<\/em> en die een hierbo is <em>Lamphier<\/em>. Immanuel, God, is hier, Hy is nie ver.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Joh 1:9 Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die w\u00eareld toe.\u00a0 Dis twee baie ou Kerskaartjies, beide afdrukke van oorspronklike mondgeverfde skilderye, wat vir my die blye, wyer boodskap van daardie heilige nag kom uitbeeld het. Die staltoneel en die vorm van die sterre in drie tonele het veral my <span class=\"ellipsis\">&hellip;<\/span> <span class=\"more-link-wrap\"><a href=\"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2016\/12\/23\/kersfees-het-twee-ks\/\" class=\"more-link\"><span>Read More &rarr;<\/span><\/a><\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":625,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[7,12,11,9,10,6,8],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2274"}],"collection":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2274"}],"version-history":[{"count":28,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2274\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2302,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2274\/revisions\/2302"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/625"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2274"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2274"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2274"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}