{"id":2315,"date":"2016-12-30T04:25:41","date_gmt":"2016-12-30T04:25:41","guid":{"rendered":"http:\/\/digbyu.co.za\/?p=2315"},"modified":"2016-12-30T04:25:41","modified_gmt":"2016-12-30T04:25:41","slug":"oe-wat-mens-tot-ander-insigte-bring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2016\/12\/30\/oe-wat-mens-tot-ander-insigte-bring\/","title":{"rendered":"O\u00eb wat mens tot ander insigte bring . . ."},"content":{"rendered":"<p><em>Efesi\u00ebrs 4:10 Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul.<\/em><\/p>\n<p>Op Oukersdag, toe ek in die kombuis besig was om alles gereed te kry vir die familie se koms op Kersdag, maak die geitjie sy verskyning op die vensterbank.<\/p>\n<p>Die HAT beskryf \u2018n geitjie soos volg: <em>Lelike maar onskadelike akkedisagtige diertjie van die fam. Gekkonidae, wat gewoonlik snags bedrywig is en bedags wegkruip en waarvan \u2018n sekere soort dikwels in geboue hou.<\/em><\/p>\n<p>Hy het so stil bly sit en my as\u2019t ware dopgehou. Ek het my lens gaan haal. . .<\/p>\n<p>Daardie o\u00eb het my reg tussen my o\u00eb getref . . . Dit was sulke helder, volmaakte, onskuldige, weerlose ogies. Hy het lank so bly sit, so asof hy vir my iets wou s\u00ea.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3362-Crop.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-2314\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3362-Crop-300x212.jpg\" alt=\"\" width=\"555\" height=\"392\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3362-Crop-300x212.jpg 300w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3362-Crop-768x544.jpg 768w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3362-Crop-1024x725.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 555px) 100vw, 555px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Waarom het dit my so diep aangeraak? Iets roer binne my hart. . . Is dit miskien dat ek in daardie o\u00eb iets beleef het van Hom wat in die broosheid van \u2018n baba na ons gekom het? Hy wat met sagte, liefdevolle en deernisvolle o\u00eb na ons gekyk het en op \u2018n dag die hemeltroon verlaat het en by ons kom woon het? Dis juis nou hierdie tyd wat ons die heuglike gebeurtenis herdenk.<\/p>\n<p><em>Joh 3:16 \u201cGod het die w\u00eareld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat di\u00e9 wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal h\u00ea.<\/em><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3391.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-2306\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3391-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"549\" height=\"366\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3391-300x200.jpg 300w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3391-768x512.jpg 768w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3391-1024x682.jpg 1024w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/IMG_3391.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 549px) 100vw, 549px\" \/><\/a><\/p>\n<p>As \u2018n mens liefhet, wys dit mos in jou o\u00eb, dit kan nie anders nie. . .\u00a0 Die o\u00eb word nie verniet die vensters van die siel genoem nie!<\/p>\n<p>Hy was weer die volgende dag daar en ons het begin gesels. Hy s\u00ea: \u201cEk hoor jy gaan nou van my skryf op die blog. Laat ons bietjie vir hulle wys hoe groot ek is.\u201d Ek sit die vuurhoutjie langs hom neer. Hy kom nader en sit sy koppie eers langsaan die vuurhoutjiekop en toe bo-op. \u201cNou kan jy jou storie gaan skryf\u201d. Dankie, klein geitjie. Jy het vir my gewys dat enigiets mens kan leer, maak nie saak hoe klein of o\u00ebnskynlik onbenullig dit mag voorkom nie en dat die buitengewone meestal versteek is in die gewone, die alledaagse. Dit kan egter net ontvang word wanneer mens stil, oop, ontvanklik en nie-veroordelend kyk. . . Dit wat dalk op die oog af lelik is, word dan onverklaarbaar mooi.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/20161226_104050.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-2304\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/20161226_104050-179x300.jpg\" alt=\"\" width=\"375\" height=\"629\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/20161226_104050-179x300.jpg 179w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/20161226_104050.jpg 611w\" sizes=\"(max-width: 375px) 100vw, 375px\" \/><\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/20161226_104040.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-2303\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/20161226_104040-202x300.jpg\" alt=\"\" width=\"376\" height=\"559\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/20161226_104040-202x300.jpg 202w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/20161226_104040.jpg 688w\" sizes=\"(max-width: 376px) 100vw, 376px\" \/><\/a><\/p>\n<p>So, die HAT is verkeerd, jy is glad nie lelik nie en jy was in helder daglig by ons. Juis in hierdie tyd wat ons die koms van die Lig vier.<\/p>\n<p>Gebed: Here, U vul alles met U teenwoordigheid, letterlik alles! Maak asseblief my o\u00eb oop om U in alles raak te sien.<\/p>\n<p><em>Ps 119:18 Open my eyes so I can see what you show me of your miracle-wonders.<\/em><\/p>\n<p>Dankie, liewe geitjie, dat jy nie weggekruip het nie, maar o\u00eb kom wys het. Uit die oog uit die hart geld beslis nie hier nie, inteendeel. . .<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Efesi\u00ebrs 4:10 Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul. Op Oukersdag, toe ek in die kombuis besig was om alles gereed te kry vir die familie se koms op Kersdag, maak die geitjie sy verskyning op die vensterbank. Die <span class=\"ellipsis\">&hellip;<\/span> <span class=\"more-link-wrap\"><a href=\"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2016\/12\/30\/oe-wat-mens-tot-ander-insigte-bring\/\" class=\"more-link\"><span>Read More &rarr;<\/span><\/a><\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2308,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[7,12,11,9,10,8],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2315"}],"collection":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2315"}],"version-history":[{"count":16,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2315\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2332,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2315\/revisions\/2332"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2308"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2315"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2315"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2315"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}