{"id":6538,"date":"2019-10-18T04:15:11","date_gmt":"2019-10-18T04:15:11","guid":{"rendered":"http:\/\/digbyu.co.za\/?p=6538"},"modified":"2019-10-18T04:19:14","modified_gmt":"2019-10-18T04:19:14","slug":"as-die-ligte-afgaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2019\/10\/18\/as-die-ligte-afgaan\/","title":{"rendered":"As die ligte afgaan. . ."},"content":{"rendered":"\n<p>Hierdie week het die sluimerende beurtkragmonster weer haar aaklige kop opgelig en stuksgewys ons ligte uitgeblus. . .<\/p>\n\n\n\n<p>Ek self wil slange vang wanneer dit gebeur en ek voel glad nie trots daarop om dit te s\u00ea nie, maar dis hoe ek voel!<\/p>\n\n\n\n<p>Tog wag daar in hierdie tye ook ongelooflike geskenke vir ons in selfondersoek, insig en perspektief.<\/p>\n\n\n\n<p>Dis so maklik om \u2018n vinger te wys na \u201chulle\u201d wat so korrup is, maar kan ons regtig? <em>Rom 3:10 Die Bybel stel dit baie duidelik: \u201cNiemand op aarde leef reg nie, niemand nie\u2026<\/em> <em>Markus 10:18 Jesus s\u00ea vir hom: \u201cWaarom s\u00ea jy Ek is goed? G\u2019n mens is regtig goed nie. Net God en Hy alleen is goed. <\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nhet \u00e1lmal die stryd tussen lig en donker wat binne ons woed. <\/p>\n\n\n\n<p>Paulus\ns\u00ea in <em>Romeine 7:15 Ek begryp self nie wat\nek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit\ndoen ek<\/em>. <\/p>\n\n\n\n<p>U soeklig skyn in tye soos hierdie juis helder (selfs pynlik) op ons donker kolle as ons oop is daarvoor.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"496\" height=\"378\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Soeklig.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-6543\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Soeklig.png 496w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Soeklig-300x229.png 300w\" sizes=\"(max-width: 496px) 100vw, 496px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Vanoggend was ek opnuut so dankbaar toe die son sy oranje kop oor die horison lig! S\u00ea nou maar net U son het nie vanoggend opgekom nie? Dit laat my hierdie beurtkragongerief in \u2018n totaal ander lig sien!<\/p>\n\n\n\n<p>En dis nie al nie, die beste l\u00ea nog voor: ons, U kinders, weet dat daar \u2018n tyd gaan kom wanneer Uself die enigste ligbron gaan wees!<\/p>\n\n\n\n<p><em>Openbaring 22:4-5 Hulle sal Hom vol in die o\u00eb kyk, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Daar sal ook geen behoefte aan die lig van \u2019n kandelaar of van die son wees nie omdat die Here God vir hulle lig sal gee, en hulle sal vir altyd as konings regeer.<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Morester.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-6536\" width=\"412\" height=\"574\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Morester.jpg 507w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Morester-215x300.jpg 215w\" sizes=\"(max-width: 412px) 100vw, 412px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p>Paulus se woorde help ons vandag nog &nbsp;&#8211; <em>Fil 2:14-16a Doen alles sonder kla of te\u00ebpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die w\u00eareld deur die woord van die lewe uit te dra.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Brilliant\npeople don\u2019t deny the dark; they are the ones who never stop looking for His\nlight in everything. \u2013 Ann Voskamp<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer ons stil word en ons o\u00eb rig op U, weet ons dat ons sonder U niks goeds kan doen nie. Daarom is dit lewensnoodsaaklik dat ons altyd in verbinding met U moet bly leef, ons kan nie bekostig om ons konneksie met U te verloor nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"682\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/IMG_4269-1024x682.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-6534\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/IMG_4269.jpg 1024w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/IMG_4269-300x200.jpg 300w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/IMG_4269-768x512.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Ons kan dus wanneer beurtkrag ons w\u00eareld se ligte laat afgaan, die tyd gebruik om te ontspan, ons o\u00eb van ons skerms af te lig en opnuut op U ewige, onblusbare lig te rig. . .<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/IMG_4273-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-6535\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/IMG_4273-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/IMG_4273-300x200.jpg 300w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/IMG_4273-768x512.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie week het die sluimerende beurtkragmonster weer haar aaklige kop opgelig en stuksgewys ons ligte uitgeblus. . . Ek self wil slange vang wanneer dit gebeur en ek voel glad nie trots daarop om dit te s\u00ea nie, maar dis hoe ek voel! Tog wag daar in hierdie tye ook ongelooflike geskenke vir ons in <span class=\"ellipsis\">&hellip;<\/span> <span class=\"more-link-wrap\"><a href=\"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2019\/10\/18\/as-die-ligte-afgaan\/\" class=\"more-link\"><span>Read More &rarr;<\/span><\/a><\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6568,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[5,7,12,11,9,10,6,4,8,3],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6538"}],"collection":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6538"}],"version-history":[{"count":26,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6538\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6567,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6538\/revisions\/6567"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/6568"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6538"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6538"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6538"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}