{"id":6943,"date":"2024-02-29T04:46:05","date_gmt":"2024-02-29T04:46:05","guid":{"rendered":"http:\/\/digbyu.co.za\/?p=6943"},"modified":"2024-02-29T04:46:05","modified_gmt":"2024-02-29T04:46:05","slug":"van-een-skrikkeldag-na-n-volgende","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2024\/02\/29\/van-een-skrikkeldag-na-n-volgende\/","title":{"rendered":"Van een skrikkeldag na &#8216;n volgende. . ."},"content":{"rendered":"\n<p>My vorige bloginskrywing was op 29 Februarie 2020. Die 40 dae reis het toe \u2018n 4 jaar lange reis geword. . .<\/p>\n\n\n\n<p>Die laaste gebed het vir my deur die afgelope vier jaar baie beteken (kyk na die vorige blog).<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe sou een van ons ooit op 29 Februarie 2020 kon weet wat vir ons voorl\u00ea? Die ondenkbare het \u2018n paar weke later begin gebeur met die w\u00eareldwye Covid-pandemie en grendeltyd. Nie een van ons sou op daardie dag kon weet dat ons lewens binnekort so ingrypend sou verander nie. Dit was \u2018n skrikkeljaar, dit was \u2018n verskriklike jaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit was haas ondenkbaar dat ons vir \u2018n lang tydperk huisgebonde sou wees en alles wat daarmee gepaard gegaan het. Ons w\u00eareld sou nooit weer dieselfde wees nie. Die pandemie het verwoestend, soos \u2018n tsoenami deur die w\u00eareld beweeg en ongekende lyding veroorsaak, fisies, emosioneel, psigies, op soveel vlakke. . . Daar is soveel mense wat gesterf het, wat materi\u00eble verlies en meer ervaar het.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer ek nou terugkyk oor die afgelope vier jaar en hoe my eie lewe verander het, resoneer my hart met di\u00e9 woorde van Mary Oliver:<\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>The Uses of Sorrow<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>(In my sleep I dreamed this poem)<\/p>\n\n\n\n<p><em>Someone I loved once gave me<br>a box full of darkness.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>It took me years to understand<br>that this, too, was a gift.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Dit het my regtig jare geneem om te verstaan dat hierdie donker tyd wel ook \u2018n geskenk was.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek wil Mary Oliver se donker boks beskryf as \u2018n donker kokon.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Metamorfose-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"530\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Metamorfose-2-1024x530.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-6966\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Metamorfose-2-1024x530.jpg 1024w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Metamorfose-2-300x155.jpg 300w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Metamorfose-2-768x397.jpg 768w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Metamorfose-2.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/a><\/figure>\n\n\n\n<p>Eers later, dalk jare later, wanneer mens op \u2018n dag besef dat jy nie meer in die kokon is nie en dat groot transformasies in jou lewe daarbinne plaasgevind het, besef jy dat dit toe ook \u2018n geskenk was.<\/p>\n\n\n\n<p>Dis vir ons egter baie moeilik om dit tydens die donker tye te ervaar, eers later besef mens dat daar se\u00ebn daarin was.<\/p>\n\n\n\n<p>So is dit met elke swaarkry en pyn wat ons tref: daar is altyd \u2018n transformasie beskikbaar as ons toelaat dat ons omvorm word in die proses. Ja, dit voel dikwels soos \u2018n kruisiging in mens se lewe, maar dit lei altyd na \u2018n opstanding, met elke oorgawe.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer ek terugkyk na wat in my lewe oor die afgelope vier jaar gebeur het, was daar vele geskenke, maar die grootste een daarvan vir my is vryheid, \u2018n innerlike vryheid. Dis swaar tye wat mens ten diepste laat besef hoe min ons eintlik weet, hoe nietig en broos ons werklik is. Die vryheid het vir my daarin gekom om te besef hoe min beheer ons regtig het en dat ons uitgenooi word om op &#8216;n dieper vlak te laat gaan en te vertrou dat \u2018n ho\u00ebr Hand aan die werk is. \u2018n Hand wat met die grootste liefde op \u2018n misterieuse wyse aan die werk is. Hoe dieper ek dit besef, hoe meer kan ek m\u00fd hande se greep laat los en dit is so bevrydend. . .<\/p>\n\n\n\n<p>Kokontye in elkeen van ons se lewens is onafwendbaar. Dit is tye wat mens mag uitroep: My God, my God, waar is U? Het U my verlaat? <\/p>\n\n\n\n<p>Die groot Transformeerder is egter altyd aan die werk en Hy weet waarheen Hy met ons op pad is. Wanneer mens egter later terugkyk, besef jy dat Hy s\u00f3 naby was, al kon ons t\u00f3\u00e9 niks daarvan ervaar nie, al het niks vir ons toe sin gemaak nie, want op &#8216;n dag:<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I5737.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"665\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I5737-1024x665.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-7000\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I5737-1024x665.jpg 1024w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I5737-300x195.jpg 300w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I5737-768x499.jpg 768w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I5737.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/a><\/figure>\n\n\n\n<p>Hoe verskriklik is U wysheid nie, ons Skeppergod: U wat die beperkende ruimte van \u2018n klein kokon gebruik om ons te omvorm om daarna nuut en vry ons vlerke in oneindige ruimtes te gaan sprei. . .<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Transformasie-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"581\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Transformasie-2-1024x581.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-6988\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Transformasie-2-1024x581.jpg 1024w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Transformasie-2-300x170.jpg 300w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Transformasie-2-768x436.jpg 768w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Transformasie-2.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/a><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><a href=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I3451.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"519\" src=\"http:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I3451-1024x519.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-6989\" srcset=\"https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I3451-1024x519.jpg 1024w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I3451-300x152.jpg 300w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I3451-768x389.jpg 768w, https:\/\/digbyu.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/I3451.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/a><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My vorige bloginskrywing was op 29 Februarie 2020. Die 40 dae reis het toe \u2018n 4 jaar lange reis geword. . . Die laaste gebed het vir my deur die afgelope vier jaar baie beteken (kyk na die vorige blog). Hoe sou een van ons ooit op 29 Februarie 2020 kon weet wat vir ons <span class=\"ellipsis\">&hellip;<\/span> <span class=\"more-link-wrap\"><a href=\"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/2024\/02\/29\/van-een-skrikkeldag-na-n-volgende\/\" class=\"more-link\"><span>Read More &rarr;<\/span><\/a><\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6983,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[5,7,9,6,4,8,3],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6943"}],"collection":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6943"}],"version-history":[{"count":39,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6943\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7012,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6943\/revisions\/7012"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/6983"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6943"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6943"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/digbyu.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6943"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}