Joh 3:30 Hy moet meer word en ek minder.
Windmakerig
Ek
Groot
Opgeblaas
U darenteen so egoloos
laat U doringkroon my prik
sodat ek afblaas van eie wind
sodat u Geeswind my kan vul
maar ek is so pure sif. . .
niks is vir U onmoontlik
solank ék net winduit is. . .
Here, help my asseblief om tot daardie punt te kom waar ek bloot net soos U kan sê: “Laat U wil geskied.” U weet ons gees is gewillig, maar ons vlees is swak.

Bly jy het ons kruis gebruik, ons geniet dit elke dag en dit gee ons daagliks krag. Jesus wat so gebroke hang en tog so onverstaanbaar sterk is.
Laat U wil geskied. Dit moet ons gebede altyd vergesel. Want die Here weet wat die beste vir ons is.