Vandag is Pinkstersondag.
Ons vier hierdie dag met groot blydskap en dankbaarheid. Jesus het belowe dat die Heilige Gees na die aarde gestuur sal word en sy belofte het daardie dag op ‘n skouspelagtige, stormagtige wyse waar geword. Met wind en vuur. Nie met die sagte fluistering soos by Elia nie.

Met oop harte, met die begeerte dat ons Hom wil ontvang, vul Hy ons steeds duisende jare later. . .


Ons kan dan die vuur van sy nabyheid, sy heilige teenwoordigheid nou ervaar. God het nog nader gekom deur sy Gees, nader aan ons as ons eie asemhaling, sê ‘n wyse. En ons weet dat “deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons”.
Ons harte word as’t ware aan die brand gesteek deur sy vurige liefde wat binne ons uitgestort is. En ons kan hierdie warmte nie vir onsself hou nie. Ons wêreld het dit juis nou so nodig.

Aardverwarming / Global warming
ons is draers van dié vuur
juis op hierdie uur
waar daar soveel ysbergharte
smagtend soek na ‘n vonkie warmte
van waar, van waar?
dit het binne ons ontsteek
mag dit onkeerbaar bly uitkring
en ons u warmte oral bring. . .
is ons begenadigde aandadigers
aan hierdie aardverwarming
How inspiring! May our hearts burn with the warmth of His presence. What a beautiful poem