Vandag vier ons Jesus se hemelvaart.

Lukas beskryf dit as volg in sy evangelie:
Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys. Lukas 24:50-53
Hoe sou ons ooit naastenby kon begryp wat daardie dag plaasgevind het, iets van die bonatuurlikheid van dié gebeure? Hoe kon dit wees dat Hy vir wie hulle so lief was, hulle verlaat het en hulle is …. bly, baie bly??

Ek het iets daarvan probeer verwoord in die volgende gedig:
‘n Hemelvaartpsalm
Hy lei sy skape uit
lig sy hande op
en seën hulle
al seënende
verlaat Hy hul
… lei Hy hul in
die spore van ‘n nuwe lewe
waar oënskynlike afwesigheid
onverklaarbaar, misterieus
Teenwoordigheid raak. . .
draai hul die rug
gaan hul t’rug
en al psalmende loop
die tempels tempel toe

The blessed, inexplicable, mysterious Presence! Thank You, Lord.