Ons het die afgelope paar dae reën en reën ontvang. . .
Toe dit so bietjie ophou, het ek ‘n draai gaan loop:

Job 5:9-10 Wat God doen, is te groot om ooit te verstaan. Hy doen wonder op wonder. Hy gee reën op die aarde. Hy maak die veld nat.

U lewegewende water. . . Ons is so dankbaar!

Ons is so afhanklik van U genade, goedheid en guns.

Sonder U kan ons niks nie. . .

U sorg vir ons. . .

U les ons dors. . .

Sagaria 10:1b Hy maak die reënwolke en laat die stortreëns val, Hy gee vir die mense die groen plante in die veld.

Ons harte loop oor van blydskap!

Dankie Here, vir U juwele uit die hemel! Ons is arm. U maak ons ryk!
Die mees ongelooflikste foto’s Marita … en voedende woorde! xxx