God comes to you disguised as your life – Paula D’Arcy
Ek was een van daardie mense wat indien my kind na my toe sou kom en rapporteer dat hy/sy 98% vir ‘n toets gekry het, ek sou wonder waar die ander 2% dan is. Op myself was ek nog harder en sou myself kasty oor verlore punte.
As daar iewers ‘n spelfout was, sou dit my bly pla en indien moontlik, moes ek dit onmiddellik regmaak. Dis asof iets binne my begin jeuk en ek dit nie kon los nie.
Soos jy seker kan sien, kon ek so fokus op die FOUT, dit wat nie perfek is nie… Ons is mos maar redelik blind waar dit by ons eie foute kom en my dogter het dit eendag so mooi opgesom: “Mamma sien nou al weer net die gat in die doughnut”! Dis woorde wat my diep laat nadink het, selfs tot in gate, in donkerte, in . . .
Daar het ek ontdek dat daar nie iets soos perfeksie hierdie kant van die ewigheid bestaan nie en dat ek gerus maar kan ontspan en laat gaan. Die lewe het my ook geleer dat ek beslis nie in beheer is nie, dat die beste beheer wat ek oor my lewe kan hê, is om beheer oor te gee aan Hom alles perfek in sy hand hou. Om dit anders te sê: ek kry beheer oor my lewe deur beheer te verloor.
Whole in One: Doughnut Wisdom
if you see the hole
but not the whole
you will end up in a hole . . .
if you see the hole
but also the whole
you will become whole
Ons geloof is altyd paradoksaal.
Baie kosbaar. Dankie liewe Marita. Ek sal graag jou ‘Whole in One’ met my Enneagram groepe wil deel.
dis soo slim!!!en so waar….laat ons dankbaar wees oor klein dingetjies…