Filippense 2:5-8

 

 

uit suiwer liefde
het die Woord woordloos
ons wêreld binnegekom

gestroop, nakend, hulpeloos

het Hy kom leef,
kom leer om nét so
sý nuwe wêreld
binne te gaan
om daardeur los,
lig genoeg te raak
vir die trek . . .
om te land
in suiwer Liefde

Kruis Origins Klein

2 Thoughts on “Liefdesband

  1. Pragtig gedig!!

  2. Zaaiman en Jannij on October 29, 2015 at 8:33 am said:

    Ja, soos met die voete van ‘n ribbok. Dankie kindjie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation