“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” (2 Korintiërs 4:18)

 

 

Ons sal hier op aarde nooit 100% gelukkig wees nie en dis hoe dit moet wees. Ons is slegs tydelik op hierdie aarde, want ons is burgers van die hemel (Fil 3:20). Ons tyd op aarde is infinitesimaal klein in vergelyking met Sy oneindigheid.

Pierre Teilhard de Chardin vat dit so raak: “We are not human beings on a spiritual journey. We are spiritual beings on a human journey.”

Gebed: O Heer, vergewe my, dat ek so kan vaskyk in die aardse dinge, dat ek so dikwels vergeet dat ek van U Koninkryk is, U Koninkryk van lig. Leer my die passies van die ligdans sodat ek nie uit pas met U leef nie. Help my om te onthou dat wat ek met my vleesoë sien beslis nie die totale prentjie is nie, herinner my asseblief voortdurend daaraan soos net U dit kan doen.

 Ligdans

al spartel ons rond

in slyk, modder, grond …

dartel Ons ligvoets vás

in sy songrond

rond

Songrond

One Thought on “Dis hoe dit moet wees

  1. Marita, dis regtig ‘n mooi blog. Daar’s soveel mense wat probeer skryf, dat mens maar bietjie krities raak as jy op ‘n nuwe een afkom. Maar jy bring die hart helder uit en dieselfde is waar vir die gedig.

    Dankie dat jy my laat weet het

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation