Psalm 91:4 Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.
Dalk is jy op hierdie stadium in dieselfde bootjie as ek, maar hierdie is egter vir alle ouers, of jou kinders alreeds die nes verlaat het, of nog daarin is. Al is jou kinders nog klein is hulle tog elke dag besig met “toetsvlugte”. Dis ‘n troos om te weet dat ons kinders, groot of klein, áltyd vasgehou word.
So waar! Hierdie is een van my gunsteling gedigte!!