Joh 12:13 Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!”

Hy weet hoe ons is

sondag nog
kom Hy op vul
waai ek die palm
my Koning kom

enkele mane later
met weersin gevul
waai ek die palm
toegevou, verduister in vuis
Hy moet gaan

tog word sy woord
so vervul . . .

nou vul Hy my
vou Hy my toe
in sy deurboorde palm

Gebed: Dankie, Heer, dat U ons só goed ken met ons vuil, feilbare harte en al. Ten spyte daarvan het U gekom en u lewe vir ons kom gee. Dit vul my met die grootste verwondering.

One Thought on “Hy ken ons soos die palm van sy hand

  1. Zaaiman en Jannij Stander on March 21, 2016 at 7:12 pm said:

    So mooi vir die paastyd, dankie Mariet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation