Lukas 23:33 Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant.
Here, my woorde is min, my hart so vol. U kruis raak my hart so diep omdat die grootste pyn en die grootste onskuld mekaar daar kruis . . .
Op hierdie Vrydag het die swaar gordyn, U, geskeur en daarmee is U hart ontbloot soos nog nooit tevore nie. . .