Uit 1 Kor 4: 5 Hy sal ook die dinge wat in duisternis verborge is, aan die lig bring.

Die afgelope week was rommel ‘n tema in my lewe:

‘n Epos waarsku dat my elektroniese posbus meer as 90% vol is en dat sommige boodskappe verwyder moet word om te verhoed dat ek my kwota oorskry…

In alle erns begin ek om baie boodskappe uit te vee, maar dieselfde boodskap kom onveranderlik, stiptelik elke dag terug… Noodgedwonge moes ek nadere ondersoek instel. Nou verklap ek dat my rekenaarvaardighede nie heeltemal op standaard is nie: tot my verbasing kom ek eindelik agter dat die grootste hoeveelheid data byna alles in die “trash”, die rommel-lêer, lê. In my onkunde het ek gedink dat ek alreeds die boodskappe totaal uitgevee het. Daar lê al die boodskappe wat ek gedink het ek lankal van ontslae geraak het, toe in een reuse rommelhoop! Dadelik het ek dit met groot verligting begin uitvee met die bevestiging op die skerm dat dit nou (eers!) permanent verwyder is…

Dit laat my toe wonder hoeveel keer ons dink dat rommel uit ons lewens verwyder is en dan is dit steeds daar, net versteek.

Ai, hoe wonderlik was dit toe nie daarna om soveel spasie te hê nie!

Die ander rommel in my lewe het op ‘n hoop buite gelê: tuinafval en klippe, oop en bloot, tog effens versteek agter die tuinmuur. . .

img_9219

Dit is gister deur twee baie fluks, vrolike jong manne verwyder. Ek vra hulle name: Noelle en Immanuel: Kersfees en God met ons!

Ja, Here, U is altyd met ons, ook om ons te help om alle rommel en rommelhope in ons lewens raak te sien en daarvan ontslae te raak. Maar daarvoor moet ons U vra.

Later toe hulle weg is, staan ek op die skoon plek waar die rommel was, en sien ek die pragtige skauduweepatrone van die boom op die nou oop grond. . .

img_9270

Dit laat my opkyk en ek sien die pragtige sagte, groen blare bokant my kop…

img_1065

nuwe-groei-1

Toe weet ek so goed, wanneer U vir ons die rommel uitwys en ons dit met U hulp laat gaan, kom daar spasie in ons lewens, en is daar plek vir nuwe groei om plaas te vind,  U groei, U wat alles welig laat groei. . . (Ps 65:11)

img_9331

Exodus 3:4a (MSG) God saw that he had stopped to look. God called to him from out of the bush.

Waar ons so ‘n rukkie gelede in ‘n nabygeleë wildtuin was, was dit hartverskeurend om te sien hoe droog dit is. Die damme het só min water in.  Op die oog af lyk alles so hard, so lelik, so ongenaakbaar . . .

Dis egter lente en hier en daar is daar bome met die mooiste bloeisels. Ek het al nader gegaan en hoe nader ek gegaan het, hoe groter het die skoonheid geword. . .

Ek deel dit graag met julle:

boom

img_8974

img_8958

img_8945

img_8948

“Holiness comes wrapped in the ordinary. There are burning bushes all around you. Every tree is full of angels. Hidden beauty is waiting in every crumb.” ― Macrina Wiederkehr

Dit is waar, daar is oral braambosse, selfs daar waar ons dit nie verwag nie. Om ‘n braambos te kan herken, moet ons egter stop om te kyk, hulle word nie sommer net in die verbyloop of -hardloop raakgesien nie.

Ek wil nie graag later moet sê: “Die Here is op hierdie plek en ek het dit nie besef nie”.

Gebed: Here, help my om asseblief U teenwoordigheid in elke elkedagse braambos raak te sien in elke mens, elke dier, in alles, want U is in alles.

img_8932

 

The real voyage of discovery consists not in seeking new landscapes, but in having new eyes. Marcel Proust

Ons was vir ‘n paar dae in ‘n wildtuin gewees. Om een of selfs meer van die groot vyf te sien, bly maar tog op ‘n mens se wenslys vir die dag. Die een dag, met een van ons ritte, is daar skielik baie motors en ons kon nie verby beweeg of iets sien nie. Met groot opgewondenheid sien ons later ‘n luiperd in die boom wat besig is om middagete te geniet. Die pad was ‘n hele entjie weg van die boom. 

img_8416

Met die hulp van die telefotolens, kon mens hier en daar iets van die kenmerkende grootkatlyf raaksien. . .

img_8425

Dis ‘n paar dae later, toe ek buite ons huisie sit, wat die klein kat my kom opsoek. Ons het mekaar vir die eerste keer gesien, maar hy het soos ‘n ou vriend homself naby my kom tuismaak en ons het net heerlik, in die stilte, bymekaar gesit en mekaar se geselskap geniet, die samesyn het later uitgeloop in ‘n sagte, rustige spin (syne natuurlik…). Ek dink myne het dieper gelê… Sou ek dit kon waag om die kamera te gaan haal om die oomblik vas te vang? Hier is wat hy besluit het:

img_8991

img_9017

img_9009

Later besef ek dat ek hom baie meer geniet het as die luiperd, dat hy my hart aangeraak het deur my toe te laat om so naby hom te kom, my genoeg te vertrou daarvoor.

Deur die lens het sy skoonheid my diep aangeraak, hy is só volmaak. Stadig het daar iets na die oppervlak begin deurbreek. . . Hy is net soos ek geskape, aanmekaar verweef deur ‘n Meesterhand. Sy pels se kleur het my ook aangeraak. . .

img_9029

img_9034

img_9020

Here, dankie vir U groot en klein verrassings elke dag. Vergewe my dat ek so dikwels na die “groot” dinge soek, terwyl die grootste rykdom in oënskynlik klein, onbenullige en alledaagse dinge lê. Soveel word oorgesien, misgekyk. U wil hê ons moet oor en van voor af sien… Dit verg nuwe oë.

U wil dit graag vir ons gee, maar ons moet daarvoor vra, besef dat ons blind is. Luk 18:40-41 Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.”

Oorsien

klein katjie, ek weet
ook jóú hare is getel
so ook jou dae
nes alle aardbewoners s’n . . .
daarom wil ek vandag vurig liefhê,
vlammend soos jou pels . . .
nie tyd verspil,
oral vertel, dit is uitgespel:
daar’s ‘n liefde wat brand en vlam,
onblusbaar
in die hartstogtelikste vuur

 

Fil 1:9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,

‘n Ruk gelede het ek hierdie boom raakgesien. Van ver af het hy so mooi vertoon.

img_0413

Maar toe ek nader kom en by hom stil word, sien ek op sy stam ‘n hart.  Dit het my hart aangeraak . . .

img_0814

Dis asof hierdie boom sy seer hart vir my wys. Die lied van R.E.M. Everybody hurts kom by my op. Nie almal loop met hulle harte op hul moue nie, maar as ons stadiger leef, bietjie R.E.M., stil sit by iemand, regtig omgee, sal hulle hul hart stadig vir jou oopmaak, wys. Dit alles vra egter tyd, liefde en geduld. Dit is oneindig kosbaar wanneer dit gebeur. Klipharde klipharte word dan vleessag . . .

img_0418

Gebed: Here, ons woon in ‘n stukkende wêreld waar almal wonde dra. Help ons asseblief daarom om sag te wees met mekaar, sag te kyk na mekaar, laat ons mekaar daaraan herinner dat U genesende lig altyd daar is en altyd genesing wil bring, U wat altyd sag na ons kyk . . .

Joh 15: 5 “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Hier in die lente, waar daar oral nuwe lewe is, of aan die gebeur is, ervaar ek iets van Jes 43:19a Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom. . .

IMG_7817

Ons hou van nuwe dinge en gebeure, maar dit kan ook soms vrees meebring, vrees vir die onbekende, die onsekerheid oor wat gaan kom.

IMG_7831

Hy weet dat die meegee vir ons soms soos ‘n lewenstryd  voel, maar die antwoord lê daarin om aan Hom verbind te bly en toe te laat dat Sy lewenskrag deur ons vloei. . . So berei Hy ons voor vir ons lewenstaak.

IMG_7804

Joh 15: 8 My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”

IMG_7801

Joh 16:33 In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

‘n Jong student sterf onverwags, ‘n middeljarige vrou sterf skielik, ‘n jong Ma en haar ongebore baba sterf,  ‘n middeljarige man kry beroerte en sterf  ‘n paar dae later . . . Soveel mense word tot stilstand geruk deur dood, siekte, beproewing, trauma.

 

Ons voel soms so teen die aarde, stukkend, flenters, vol gate. . .

IMG_2406

Maar: Man van lyding wat pyn geken het, U lewe hier op aarde was ook vol gate. Maar U het net uitgehou, aangehou, met volle vertroue in die Vader, selfs al was U self ook later vol gate. . .

IMG_0823

Paulus skryf in 2 Kor 4:17 Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

IMG_3047

 ‘n Heerlikheid, ‘n Heer-ligheid wag! Immanuel-God, wys asseblief vir ons U vensters, al is ons flenters, vol gate . . . Ek glo dat Paulus ook deur hierdie venster gekyk het toe hy die Here hoor sê het:  “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor 12: 9)

Skoenlapper

 

Wolke is darem fassinerend! Dit bly nog altyd vir my ‘n vreugde om na wolke te kyk.

In die Woord is daar soveel verwysing na wolke. . .

IMG_3012

Job 37:16 Weet jy hoe die wolke sweef? Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is.

IMG_2327

 Ps 36:6 Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke,

IMG_8795

 Ps 57: 11 want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke!

 Ps 68:5 Sing ‘n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak ‘n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is.

IMG_8817

 Ps 68: 35 Erken dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke!

 Ps 78: 14 Bedags het Hy hulle met ‘n wolk gelei, snags met die lig van ‘n vuur.

IMG_8761

IMG_3795

Ps 99:7 In ‘n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het.

Ps 104:3b U wat op die wolke ry, op die vleuels van die wind,

Ps 147:8 Hy oordek die hemel met wolke, Hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die bergland uitspruit.

 Luk 9:34,35 Terwyl hy nog praat, kom daar ‘n wolk en gooi sy skaduwee oor hulle, en toe die wolk hulle insluit, het die dissipels bang geword. Daar kom toe ‘n stem uit die wolk wat sê: “Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom.”

Matt 24:30 “Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit.

IMG_3791

 Matt 26:64 Jesus antwoord hom: “Dit is soos u sê. Daarby sê Ek vir julle:   “Van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is, en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel.” 

IMG_2351

Markus 13: 26,27 “Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit. En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te bring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant.”

IMG_5964

 Handelinge 1: 9-11 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

IMG_3466

 Openbaring 1:7,8 Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker! “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

As ek hierdie lees, dan ervaar ek wolke as simbole van onder andere:  Sy almag, wonderlike werke, voorsienigheid, volmaaktheid, nabyheid, sorg, trou, teenwoordigheid, hulp, misterie, belofte van sy wederkoms en bowenal sy liefde!

IMG_4063

Hy, wat die wolke as rytuig gebruik, gaan ons eendag op die wolke ontmoet:

1 Tess 4:16-18 Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde.

Dit is genoeg om elke dag my kop op te lig, dit gee my moed dat ons so gaan ontmoet. Met my voete op die aarde, slaan ek my oë op na sy wolke. . .

Hy gaan ons op wolke kom haal en daarom mag ons in die wolke wees omdat ons eendag op die wolke gaan wees! Wat ‘n reis!

Luk 7:35 Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”

Soms voel die lewe vir ons so onverstaanbaar, so asof daar net te veel donker, verlies en seerkry is, so asof ons bloei . . .

Deur na hierdie amandelbloeisels te kyk, het ek iets groters beleef. . .

In die donker het hierdie nuwe lewe stil en stadig begin ontvou en het later tot bloeisels deurgebreek. Word ons dalk uitgenooi om kinderlik en blindelings te bly glo dat Hy besig is met ons en dat ons sy prosesse en sy tyd moet vertrou? Moet ons bloot net in die onsekerheid van die donker geduldig bly wag vir die nuwe lewe wat stadig besig om te ontvou? In Jes 30:15 lees ons: Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.  Sjoe, dit kan so moeilik wees. Dis so maklik om te kla en in selfbejammering en hooploosheid te verval.

Ons sou dit so graag anders wou hê, maar op hierdie aarde word ons nie gevrywaar van pyn en seerkry nie. Jesus het egter vir ons so duidelik kom wys hoe nuwe lewe uit die donkerste plekke verrys.

IMG_7541

Amandelbloeisels 3

Here, help ons asseblief om vas te hou aan die wete dat U alles in U hand hou, dat U in beheer is van elke seisoen in ons lewe én saam met ons daardeur gaan. Mag ons gedurig aan U beloftes herinner word: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebr 13:5, Deut 31:6, Jos 1:5) en Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! (Jer 29:11) 

Dan sal ons bloeiseisoene uit ‘n ander perspektief beleef.

Bloeiseisoen

bloei blomme
bloei, bloei
voor bloei, bloei
voor groei, bloei

Psalm 74:17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.

Die eerste woorde van ‘n ou volksliedjie, “dis heerlike lente, die winter’s verby”, kom in my op toe ek hierdie nuwe, nuutgebore skoonhede sien. Alhoewel daar ‘n yskoue windjie om my waai, het hierdie asemrowende amandelbloeisels hul boodskap baie duidelik in blommetaal gebring. Hulle is die eerste bome wat hul lentegewaad vertoon en so die nuwe lente aankondig, asof hul sê: kyk, sien, hier is die nuwe seisoen, hier is die bewys daarvan!

Hoop jy geniet hulle net soveel as wat ek dit geniet om hulle na jou te bring.

 IMG_7536

Amandelbloeisels 1

Amandelbloeisels 2

IMG_7441

Littekens

die dor boom
het in die volheid van tyd
deurweek van die nuwe seisoen
in volle bloei gestaan . . .
nuwe lewe het deurgebreek, aangebreek

IMG_0645

Amandelbloeisels 3

Gebed: Dankie Here, dat ons kan glo: daar is altyd ‘n nuwe lente, ‘n nuwe lewe, wat na ‘n winter aanbreek, in die natuur en ook in ons lewens.

Lukas 12:27 ”Kyk na die veldblomme – hoe hulle groei! Hulle swoeg nie en hulle spin nie. Maar Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy prag was nie soos een van hulle geklee nie.

Die skoonheid van die perdeblomme  (dandelions) een oggend vroeg, so met die dou daarop, het my diep aangeraak.

1100

1044

1091

1086

Dou is soveel keer in die Bybel ‘n simbool van Sy seën en sorg. ‘n Paar skrifgedeeltes: Genesis 27:28 – God gee aan jou dou uit die hemel, Numeri 11:9 – Die manna het snags saam met die dou by die kamp geval., Deut 33:13 Mag sy land deur die Here geseën word: met die beste uit die hemel, met dou.

Doublom

perdeblom, o veldblom
geen swoeg, geen sweet
swierig, in spierwit gekleed
met bruidsjuweel getooi:
skitterend, glansryk die kraalwerk
U handewerk
veelvoudig die seën, trou:
die blomsorg, hemelse dou

ons, so sorg-gevul
terwyl U sorgvuldig sorg

392

Luke 12:28 (MSG) If God gives such attention to the wildflowers, most of them never even seen, don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you?