Johannes 14:6a Jesus het vir hom gesê: ”Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Alles is nogal deurmekaar op die oomblik in ons land. Dit voel asof alles val en wat nog nie geval het nie, is op pad om te val. . .
Maar wat daarvan as ons heeltemal anders daarna kyk? Ons as Christene het ‘n ander uitkyk op die lewe, want ons kan opkyk na Lewe.
Die diep wete dat God altyd aan die werk is en dikwels op baie vreemde maniere, behoort ons as Christene gemoedsrus te gee te midde van enige onrus, enige val . . . In sy arms hoor ons sy sagte fluisterstem.
Troosfluisteringe
alles is reg
Ek is nie weg
Ek is die weg
Wil Hy dalk juis hê ons moet in hierdie tyd val: in sy arms in? So word die val-pad, die af-pad dan ‘n op-pad, op pad saam met Hom.
Kom ons val elke dag in die pad, op hierdie pad!


As ons God vertrou en die pad biddend saam met hom stap, dan sal ons nie val nie