Luk 7:35 Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”

Soms voel die lewe vir ons so onverstaanbaar, so asof daar net te veel donker, verlies en seerkry is, so asof ons bloei . . .

Deur na hierdie amandelbloeisels te kyk, het ek iets groters beleef. . .

In die donker het hierdie nuwe lewe stil en stadig begin ontvou en het later tot bloeisels deurgebreek. Word ons dalk uitgenooi om kinderlik en blindelings te bly glo dat Hy besig is met ons en dat ons sy prosesse en sy tyd moet vertrou? Moet ons bloot net in die onsekerheid van die donker geduldig bly wag vir die nuwe lewe wat stadig besig om te ontvou? In Jes 30:15 lees ons: Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.  Sjoe, dit kan so moeilik wees. Dis so maklik om te kla en in selfbejammering en hooploosheid te verval.

Ons sou dit so graag anders wou hê, maar op hierdie aarde word ons nie gevrywaar van pyn en seerkry nie. Jesus het egter vir ons so duidelik kom wys hoe nuwe lewe uit die donkerste plekke verrys.

IMG_7541

Amandelbloeisels 3

Here, help ons asseblief om vas te hou aan die wete dat U alles in U hand hou, dat U in beheer is van elke seisoen in ons lewe én saam met ons daardeur gaan. Mag ons gedurig aan U beloftes herinner word: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebr 13:5, Deut 31:6, Jos 1:5) en Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! (Jer 29:11) 

Dan sal ons bloeiseisoene uit ‘n ander perspektief beleef.

Bloeiseisoen

bloei blomme
bloei, bloei
voor bloei, bloei
voor groei, bloei

Psalm 74:17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.

Die eerste woorde van ‘n ou volksliedjie, “dis heerlike lente, die winter’s verby”, kom in my op toe ek hierdie nuwe, nuutgebore skoonhede sien. Alhoewel daar ‘n yskoue windjie om my waai, het hierdie asemrowende amandelbloeisels hul boodskap baie duidelik in blommetaal gebring. Hulle is die eerste bome wat hul lentegewaad vertoon en so die nuwe lente aankondig, asof hul sê: kyk, sien, hier is die nuwe seisoen, hier is die bewys daarvan!

Hoop jy geniet hulle net soveel as wat ek dit geniet om hulle na jou te bring.

 IMG_7536

Amandelbloeisels 1

Amandelbloeisels 2

IMG_7441

Littekens

die dor boom
het in die volheid van tyd
deurweek van die nuwe seisoen
in volle bloei gestaan . . .
nuwe lewe het deurgebreek, aangebreek

IMG_0645

Amandelbloeisels 3

Gebed: Dankie Here, dat ons kan glo: daar is altyd ‘n nuwe lente, ‘n nuwe lewe, wat na ‘n winter aanbreek, in die natuur en ook in ons lewens.

Lukas 12:27 ”Kyk na die veldblomme – hoe hulle groei! Hulle swoeg nie en hulle spin nie. Maar Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy prag was nie soos een van hulle geklee nie.

Die skoonheid van die perdeblomme  (dandelions) een oggend vroeg, so met die dou daarop, het my diep aangeraak.

1100

1044

1091

1086

Dou is soveel keer in die Bybel ‘n simbool van Sy seën en sorg. ‘n Paar skrifgedeeltes: Genesis 27:28 – God gee aan jou dou uit die hemel, Numeri 11:9 – Die manna het snags saam met die dou by die kamp geval., Deut 33:13 Mag sy land deur die Here geseën word: met die beste uit die hemel, met dou.

Doublom

perdeblom, o veldblom
geen swoeg, geen sweet
swierig, in spierwit gekleed
met bruidsjuweel getooi:
skitterend, glansryk die kraalwerk
U handewerk
veelvoudig die seën, trou:
die blomsorg, hemelse dou

ons, so sorg-gevul
terwyl U sorgvuldig sorg

392

Luke 12:28 (MSG) If God gives such attention to the wildflowers, most of them never even seen, don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you?

Fil 1:20b-21 Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.

Die afgelope week het ek soveel Perdeblomme, wat ons as Dandelions ken, raakgesien. Ek het my aan hulle verkyk en hulle skoonheid het my verstom. Later het ek hul van naderby leer ken op Google. Dit is ‘n wonderlike plant met soveel voedingswaarde én genesende eienskappe! Hier het ek in my onkunde gedink dis sommer ‘n onkruid.

011

1203

1151

1206

487

490

Ek sien toe hierdie op YouTube en deel dit graag:

Dit het my diep aangeraak . . .

Gesaaides

geel, vrolike sonblom
liggevulde, helder lewe . . .
maar toe die toevou
die donkerte, geen sien,
geen son, geen sin
die ongemak, onsekerheid
die wag, die sterf . . .

maar toe die ontvou –
spierwit oorvloed wat oopvou
in skitterende bruidsgewaad . . .

en toe eers:
die asem van die Wind
tot ‘n lewe met Hom besaai

Gebed: Heer, daar is soveel skatte elke dag reg onder ons neuse versteek. Dankie vir hierdie nederige Perdeblom se les, wees my genadig dat ek mag leef as U Perdeblommetjie.

1 Petr 1:24a Die skrif sê: “Die mens is soos gras . . .

Die afgelope week was ek, grasmens, tussen hierdie gras. Hulle het regtig maar onopvallend en vaal gelyk, maar toe die “goue uur” laatmiddag aanbreek, gebeur daar iets met hulle en ook met my . . .

1253

1279

161

175

Voor my oë is die vaal gras getransformeer na goue gras. Ek het net baie stil geraak en saam met die gras die Lig ervaar.

Ons graslewens is so tydelik en gewoon, maar met Sy lig word dit Goddelik. In 2 Petrus 1 lees ons dat ons deel kry aan die Goddelike natuur!

Dankie Heer, dat U lig altyd op ons, in ons, en deur ons skyn. Maak ons asseblief daarvan bewus sodat ons kan leef as U goue graskinders. So kan elke uur ‘n goue uur, elke oomblik heilig wees.

Ek wys later vir my ma die foto’s en sy sê dat dit haar herinner aan ‘n Nederlandse gedig van Nel Benschop: “Gouddraad uit vlas”. Die laaste strofe daarvan is:

Maar boven alles zou ik willen zijn Uw kind,
een Koningskind, dat glansloos vlas tot gouddraad spint.

Kolossense 3:2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie.

Die tema van verlede week se inskrywing was oor vure, min wetende dat nog ‘n vuur die volgende bloginskrywing sou vul. . .

Sondagoggend het die S.O.S per epos gekom:

(Plastic View is die plakkerskamp langs Moreletapark gemeente se kerkterrein.)

Die fisiese, verwoestende vuur het uitgewoed, maar dit het ‘n nuwe vuur tot gevolg gehad. . . Brandende harte het voete in beweging gebring en hande laat oopgaan, soveel so dat daar so vroeg as Dinsdag al ‘n epos gekom het met die titel:

Plastic View: Dankie! Ons voorraad is vol!

Dit het my laat dink aan die gedig van Teresa van Avila:

Christ Has No Body

Christ has no body but yours,
No hands, no feet on earth but yours,
Yours are the eyes with which he looks
Compassion on this world,
Yours are the feet with which he walks to do good,
Yours are the hands, with which he blesses all the world.
Yours are the hands, yours are the feet,
Yours are the eyes, you are his body.
Christ has no body now but yours,
No hands, no feet on earth but yours,
Yours are the eyes with which he looks
compassion on this world.
Christ has no body now on earth but yours.

Ek het gaan stil word by die kruise op die kerkterrein.

Net ‘n entjie onderkant die kruise, sien ek toe die volgende stelle veertjies. Hulle lê twee-twee styf bymekaar in die gras:

Later loop ek na die hek by Plastic View. Daar hang ‘n brandreuk in die lug. Daar is groot bedrywigheid en ek sien en hoor hoe daar gekap en gewerskaf word aan nuwe huisvesting.

Toe hoor ek dit bo al die ander klanke: ‘n vrou wat diep, gelukkig uit haar maag lag. . . Ek luister in verwondering daarna. Hoe kan ‘n mens alles verloor en twee dae later só lag?

Dit word toe vir my kristalhelder: ék het ‘n “plastic view” wat maak dat ek perspektief verloor en vaskyk teen aardse, brandbare besittings en soveel keer vreugde misloop, miskyk.

Toe sien ek dié drie raak. Dis die eerste keer dat ek hierdie voëls met hul wit en swart sien. Hulle is eers op die grond en al drie later in die lug.

Later kry ek bevestiging dat dit skoorsteenveërs of heilige ibisse (van die Engels: sacred ibis) is. Toe verstaan ek die heilige boodskappe van die drie voëls en die veerpare: ons het U, Drie-enige God, so nodig om die skoorsteen van ons lewens skoon te hou, al die vuil en verstoppings weg te neem, sodat ons skoon en brandend sal bly, warmte sal gee waar ons ook al kom. U wys vir ons dat ons mekaar nodig het om uit te styg bo die plastiek van ons lewens. . . S.O.S Here, wees ons asseblief genadig.

Hosea 11:8 My liefde brand te sterk.

 

Die afgelope Saterdag het ek vir die dag ‘n stilteretreat bygewoon.

Buite, in die stil ure, sien ek toe die vure:

Vuurblare 4

20160625_120313_HDR

Vuurblare 2

Dit het my so laat besef Hy het deur alle tye heen nog altyd Sy vurige liefde aan die mensdom bewys. Die hoogtepunt daarvan was aan die kruis en later in die vuurtonge met die uitstorting van die Heilige Gees.

Catherine van Siena het geskryf: You are the fire, nothing but a fire of love, crazy over what You have made.

Gebed: Heer, kom brand in ons harte, vul ons en elke uur van ons lewe met U heilige vuur.

So word U vurige liefdeshart oral op aarde sigbaar . . .

20160625_131745-1

Ps 34:8 O taste and see that the LORD is good . . .

“Die retreatnaweek is op hande en ons is so te sê gereed vir jul aankoms. Ek moet nog net gaan kappertjies pluk vir die kamers en die verwarmers aanskakel.”

Die epos-boodskap hierbo enkele dae voor die retreat moes alreeds ‘n aanduiding gegee het van wat sou kom. . .

Alles was toe 100% gereed met ons aankoms by die Restory retreatsentrum vir ‘n fotografieretreat. Ons is met ope arms en harte verwelkom. Toe ek in my kamer kom, val my oog dadelik op die kappertjies in die blompot.  Hulle het my kamer opgevrolik met hul intense, helder kleure. Die landskap daar buite was wintervaal en die wind geniepsig koud. Die warmte van die verwarmer en die kappertjies het my dadelik so welkom, so tuis, laat voel.

IMG_4598

Die volgende oggend kry ons die opdrag om iets te gaan afneem, of liewer, te gaan sit en te ontvang wat na ons toe kom, dan ‘n foto daarvan te neem.

Toe ek in my kamer kom om my kamera te kry, val my oog weer op die vrolike kappertjies in die blompot. Ek kyk lank en stil daarna en besef dis wat ek nou ontvang: ek ervaar Sy goedheid, Sy sorg, in hulle. Die lens skuif tussen my en hulle in en hul dieper skoonheid word vasgevang, gestoor in my kamera asook in my.

IMG_4388

IMG_4363

IMG_4379

Met middagete sit ek een van die kappertjieblomme uit die slaai op my bord. Bewustelik, stil het ek daarna gekyk, dit geëet en die bevestiging dat Hy goed is, selfs op my tong gevoel. . . Die kappertjieblom het my laat sien en laat proe dat Hy goed is!

IMG_4582

Gebed: Heer, laat ons asseblief kappertjiekleur en -warmte in ‘n koue, harde en soms ongenaakbare wêreld bring.

Later sien ek die sonnetjie en sy strale op die kapperblaar en ek weet dat Hy ons uitnooi om Sý lig uit te straal net daar waar ons is en só dalk iemand se winter ophelder . . .

IMG_4348

Joh 3:16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Aan die kruis het Hy Homself, uit suiwer liefde, hou vir hou aan ons vasgebind.

Kruis

Was hierdie lyding, pyn aangenaam? Nee!

IMG_6563

Het dit betekenis, het dit deel van ‘n groter plan gevorm? Ja!

Soms voel dit asof die houe van die lewe pynlik neerreën, eintlik neerhael, op ons.

Is dit juis omdat Hy so baie van ons hou, ons so liefhet, dat Hy besig is om ons al nader te trek, ons te stroop van dit wat ons dink ons is, of moet wees? Is dit sodat Hy ons vas kan hou, kan omhels, in Sy ewige liefdesarms sodat ons kan leef uit ons ware identiteit: Sy beminde?

IMG_9933

Nou weet ek: genade is nie noodwendig wat ons goed laat voel nie, dis wat ons God laat voel. Met hierdie perspektief weet ons dat Hy naby ons is, en dat Hy deur al die groot en kleiner pyne van die lewe ons steeds in liefde vashou, daar waar niks en niemand ons kan uitruk nie. Só kry ons ‘n stewige houvas op die ewige lewe.

IMG_6603

Hierdie boom-mens-kyk oefening raak maar net nie vir my afgesaag nie . . .

Dit word vir my al duideliker dat dit vir Jesus baie belangrik is dat ons reg moet sien:

In Matt 6:22b-23 lees ons: Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder. Maar as jy jou oë nie deur God laat instel nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker. As daar geen goddelike lig in jou lewe skyn nie, is dit regtig nag binne-in jou.

Verder ook sê Jesus: Matt 7:1 “Moenie oordeel nie” en verder in Matt 7:5 “Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.”, het vir my ‘n dieper, ryker betekenis.

In die Markus 8 word beskryf hoe Jesus ‘n blinde man genees, maar in twee stappe. Die man sien eers mense, iets soos bome.

IMG_6764 Donker 2

Dit is ‘n gedeeltelike sien, hierdie boom-mens-sien, maar Jesus wil ons ten volle laat sien. Daarna genees Jesus hom heeltemal en hy alles toe duidelik gesien.

IMG_6764

IMG_3012

Gebed: Jesus, U het gesê dat as ons oog goed is, sal ons hele liggaam lig hê. Genees asseblief ons swaksiende oë soos net U kan. Dan sal ons lig sien, lig wees. . . Dan sal ons nie mense regsien nie, maar reg sien!