Mattheus 1:23 “Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons.

Engelvere vir Immanuel-gedig

“Christ could be born a thousand times in Bethlehem – but all in vain until He is born in me.”  ~ Angelus Silesius

IMG_1321

Immanuel

so is U gebore:
Heilige na stalvuil uitgewerp . . .
maar daar waar
heilig en onheilig
heilig vermeng,
word ons hemelskoon
nie meer verlore
want só is U gebore

Gebed: Heer, wees my genadig, help my dat my stal tot U beskikking sal wees sodat gebeur wat U wil laat gebeur.

Nianell sing ‘n lied getiteld “Die oomblik is nou”. As ek mooi kyk, sien ek die oomblik is nie nou-nou of netnou nie, dis net nou, net hier. C.S. Lewis het gesê: “For the Present is the point at which time touches eternity. Of the present moment, and of it only, humans have an experience analogous to the experience which [God] has of reality as a whole; in it alone freedom and actuality are offered them.”

Sjoe, dis groot woorde en bied baie om oor na te dink en te ervaar hoe dit ‘n mens laat voel. Vir my beteken dit dat ek God in elke oomblik, in die nou, kan ervaar en daarin lê die grootste rykdom en vryheid. Dit laat my oop en ontvanklik leef, sodat ek Hom nie dalk misloop, misleef nie. Maar soos wat eenvoudige dinge maar is, is dit dikwels vir ons die moeilikste om te doen.

Miskien kan ons in hierdie tyd wat ons rustiger raak, dit probeer inoefen. Dan loop ons, leef ons Hom dalk raak op ongewone, verrassende maniere.

Elke oomblik is vol, vol van die Volmaakte Een . . .

Alledaagse heiligheid

die oomblik so skynbaar onseremonieel
word skielik so sakramenteel . . .
nét hier, juis hier
waar ek nie gewoonlik
Sy teenwoordigheid vier

Gebed: Here help my asseblief om soos Moses in Eksodus 3:4 te antwoord: “Hier is ek”, voor U wat  “Ek is” is.

 

Psalm 91:4 Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Matriekvakansie-gedig

Dalk is jy op hierdie stadium in dieselfde bootjie as ek, maar hierdie is egter vir alle ouers, of jou kinders alreeds die nes verlaat het, of nog daarin is. Al is jou kinders nog klein is hulle tog elke dag besig met “toetsvlugte”. Dis ‘n troos om te weet dat ons kinders, groot of klein, áltyd vasgehou word.

 

 

It is always the simple that produces the marvelous – Amelia Barr

 

 

 

Glanslewe

die volste lewe
is dié een
wat oënskynlik
die leegste is:
waar Sy oë skyn,
glansend, op my
deur my

Proverbs 13:7 A pretentious, showy life is an empty life; a plain and simple life is a full life (The Message)

Duif en Sonlig Ha Phororo 30 Aug 2014

 

 

Filippense 2:5-8

 

 

uit suiwer liefde
het die Woord woordloos
ons wêreld binnegekom

gestroop, nakend, hulpeloos

het Hy kom leef,
kom leer om nét so
sý nuwe wêreld
binne te gaan
om daardeur los,
lig genoeg te raak
vir die trek . . .
om te land
in suiwer Liefde

Kruis Origins Klein

God comes to you disguised as your life – Paula D’Arcy

Ek was een van daardie mense wat indien my kind na my toe sou kom en rapporteer dat hy/sy 98% vir ‘n toets gekry het, ek sou wonder waar die ander 2% dan is. Op myself was ek nog harder en sou myself kasty oor verlore punte.

As daar iewers ‘n spelfout was, sou dit my bly pla en indien moontlik, moes ek dit onmiddellik regmaak. Dis asof iets binne my begin jeuk en ek dit nie kon los nie.

Soos jy seker kan sien, kon ek so fokus op die FOUT, dit wat nie perfek is nie… Ons is mos maar redelik blind waar dit by ons eie foute kom en my dogter het dit eendag so mooi opgesom: “Mamma sien nou al weer net die gat in die doughnut”! Dis woorde wat my diep laat nadink het, selfs tot in gate, in donkerte,  in . . .

Daar het ek ontdek dat daar nie iets soos perfeksie hierdie kant van die ewigheid bestaan nie en dat ek gerus maar kan ontspan en laat gaan. Die lewe het my ook geleer dat ek beslis nie in beheer is nie, dat die beste beheer wat ek oor my lewe kan hê, is om beheer oor te gee aan Hom alles perfek in sy hand hou. Om dit anders te sê: ek kry beheer oor my lewe deur beheer te verloor.

 Whole in One: Doughnut Wisdom

if you see the hole
but not the whole
you will end up in a hole . . .
if you see the hole
but also the whole
you will become whole

Ons geloof is altyd paradoksaal.