Joh 3:16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Aan die kruis het Hy Homself, uit suiwer liefde, hou vir hou aan ons vasgebind.

Kruis

Was hierdie lyding, pyn aangenaam? Nee!

IMG_6563

Het dit betekenis, het dit deel van ‘n groter plan gevorm? Ja!

Soms voel dit asof die houe van die lewe pynlik neerreën, eintlik neerhael, op ons.

Is dit juis omdat Hy so baie van ons hou, ons so liefhet, dat Hy besig is om ons al nader te trek, ons te stroop van dit wat ons dink ons is, of moet wees? Is dit sodat Hy ons vas kan hou, kan omhels, in Sy ewige liefdesarms sodat ons kan leef uit ons ware identiteit: Sy beminde?

IMG_9933

Nou weet ek: genade is nie noodwendig wat ons goed laat voel nie, dis wat ons God laat voel. Met hierdie perspektief weet ons dat Hy naby ons is, en dat Hy deur al die groot en kleiner pyne van die lewe ons steeds in liefde vashou, daar waar niks en niemand ons kan uitruk nie. Só kry ons ‘n stewige houvas op die ewige lewe.

IMG_6603

Hierdie boom-mens-kyk oefening raak maar net nie vir my afgesaag nie . . .

Dit word vir my al duideliker dat dit vir Jesus baie belangrik is dat ons reg moet sien:

In Matt 6:22b-23 lees ons: Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder. Maar as jy jou oë nie deur God laat instel nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker. As daar geen goddelike lig in jou lewe skyn nie, is dit regtig nag binne-in jou.

Verder ook sê Jesus: Matt 7:1 “Moenie oordeel nie” en verder in Matt 7:5 “Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.”, het vir my ‘n dieper, ryker betekenis.

In die Markus 8 word beskryf hoe Jesus ‘n blinde man genees, maar in twee stappe. Die man sien eers mense, iets soos bome.

IMG_6764 Donker 2

Dit is ‘n gedeeltelike sien, hierdie boom-mens-sien, maar Jesus wil ons ten volle laat sien. Daarna genees Jesus hom heeltemal en hy alles toe duidelik gesien.

IMG_6764

IMG_3012

Gebed: Jesus, U het gesê dat as ons oog goed is, sal ons hele liggaam lig hê. Genees asseblief ons swaksiende oë soos net U kan. Dan sal ons lig sien, lig wees. . . Dan sal ons nie mense regsien nie, maar reg sien!

 

If you change the way you look at things, the things you look at change – Wayne Dyer

Hierdie week het ek voortgegaan met die boom-mens-kyk oefening. Ek het eers elke dag opnuut bewus geraak van die besondere, unieke skoonheid van elke boom. Daar is juis nou soveel bome getooi in hul veelkleurige herfsgewaad.

IMG_3262

Met die oordrag van hierdie kyk na mense, was daar tog vordering, ek het meer nuuskierig na mense gekyk, regtig gekyk . . . Soms het ek ook gewonder aan watter boom ‘n spesifieke mens my laat dink. Op ‘n vreemde, misterieuse manier raak my wêreld al hoe mooier . . .

Ek het weer by my boomvriende gaan kuier en so wraggies, toe het dié een boom ‘n gesig . . .

IMG_3207

Sy mondjie is skoon oop van verbasing, dalk omdat hy nie kan glo dat ons so anders na mense as na bome kyk nie. Dalk is hy skoon hartseer ook, kyk hoe kyk sy ogies so af na sy neus . . .

Ek weet ek sal hom nie kan laat glimlag nie, maar ten minste kan ek probeer om ‘n glimlag op my medemens se gesig te bring, deur met ‘n glimlag op my gesig na hul te kyk!

Gebed: Here, help my asseblief om aan die einde van elke dag  saam met die wyse Salomo te kan sê: “Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my ‘n vreugde. – Spr 8:31. 

Gen 1:31a Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed.

Iemand het ‘n rukkie gelede vir my ‘n papier gegee met ‘n paar wyse woorde van Ram Dass daarop. Die boodskap daarin was hoe verskillend ons na bome en na mense kyk.

Dit het ‘n saadjie in my gesaai . . . Ek het ‘n paar bome van naderby gaan bekyk:

IMG_3103

IMG_3129

IMG_3287

Sou ek die volgende kommentare oor die bome hierbo lewer?

“Sjoe, jy is darem so bleek, vol vlekke, boonop ‘n hemelbesem…”

“Jy groei darem vreeslik skeef.”

“Jy is darem so oordadig bont aangetrek vandag!”

Sou ek so gedink het? Ek glo nie, dis eintlik bietjie absurd om so te reageer. . .

Toe ek na die bome gekyk het, by hulle stilgestaan het, het ek elkeen se eiesoortige skoonheid, uniekheid waardeer. Elke boom het ek geniet net soos dit is. Ek het dadelik besef dat wanneer ek na mense kyk, ek heeltemal anders kyk, dikwels krities en veroordelend.

Tog lees ons dat God bome, mense, álles goed gemaak het.

Toe oefen ek die afgelope week die boom-mens-kyk in. Dit was ‘n ongelooflike ervaring! Weet jy hoe interessant dit is om op hierdie manier na mense te kyk?! Om bloot mense te aanvaar net soos wat hulle is en hulle uniekheid, eiesoortige skoonheid raak te sien en te waardeer.

Gebed: Here, ek bely dat ek baie keer na die kroon van U skepping kyk met ‘n kritiese oog, terwyl U woord sê dat U alles baie goed gemaak het. Laat my in liefde gewortel en gegrondves leef, dat ek met U liefdesoë kyk na al die wonderlike verskeidenheid mense in die lewenswoud. Herinner my aan U woord wat sê dat ons almal van U afstam. Ek glo ek sal dan iets begin ervaar van Paulus se woorde in Romeine 15:7 – Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.

Handelinge  2:1-4  Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.

Toe ek onlangs hierdie gedeelte lees, plaas ek myself tussen die dissipels en in my verbeelding ervaar ek die gebeure saam met hulle. Saam beleef ek eers die wind en toe die vuur. . . God is onkeerbaar in sy vurige, verterende liefde en verlange!

Toe ek ‘n rukkie later buite loop,  sien ek dit raak: die wind wat nogal sterk waai.

IMG_2563

Toe begin ek die vuur oral raak te sien in die kleur van die herfsblare, selfs vuurtonge!

IMG_2761

IMG_2759

Gebed: Dankie Heer dat U ook met die alledaagse ons aan U geestelike waarhede herinner. Laat my asseblief U verlange, U grenslose liefde, wat so vúrig is, in elke herfskleur ervaar.  Ek begeer U, u vuurtong op my, ín my. Waai deur ons, Geeswind, sodat U vlam in ons vol passie sal brand en aansteeklik sal wees!

Vandag vier ons Hemelvaartdag. Handelinge 2:9-11 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

IMG_2327

Dit moes darem ‘n asemrowende gesig vir die dissipels gewees het om Jesus te sien opgaan so saam met die wolk! Verder en hoër het Jesus voor hulle oë opgegaan en weggegaan totdat Hy seker net stippelgroot geraak en toe uit hul gesigveld verdwyn het. Toe is daar boonop die twee engele wat vir hulle vertel dat Jesus weer net so gaan terugkom.

Hulle was seker die hele dag in die wolke gewees . . . Dit word beskryf in Lukas 24 dat hulle met groot blydskap teruggegaan en God geprys het.

IMG_1966

Gebed: Dankie Here, dat ons vandag weet dat U wel weggegaan het, maar dat U belofte vervul is soos geskryf is in Joh 14:16 “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid”  en so het U teruggekom om nog nader te kom.

Hooglied 4:1 “Jy is mooi, my liefling, jy is mooi . . . en Hooglied 4:9 “Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë . . .

So ‘n rukkie gelede gee ‘n vriendin vir my ‘n verjaarsdaggeskenk in ‘n sakkie met die volgende prentjie op:

IMG_0654

Ons is sy beminde, sy geliefde. Daar is ‘n Heilige Boek wat dit vir ons duidelik uitspel, maar waarom kan ons so gou vergeet?

Is dit omdat daar soveel geraas, soveel ander stemme elke dag om ons en in ons is, dat ons nie die tere, sagte stem hoor wat dit oor en oor vir ons fluister nie?

As ons tyd maak om elke dag stil genoeg te word, sal ons dit hoor.  Dan kom die diep wéét: ek is die beminde van God, sy geliefde! Ek behoort aan my Bruidegom en Hy aan my.

IMG_0669

Ek kyk na die kou hierbo en besef dat vryheid deur ‘n hartopening kom.

Daar is hartstog in die Stem wat my en jou nooi om vry te kom: “Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!”

Ps 74:17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.

Die herfsbome met hul blare is vir my  ‘n simbool van hoe ek kan klou, terwyl ek maar net kan los, kan vertrou dat daar met elke oënskynlike verlies ‘n groter plan is. Dit kom egter net soveel natuurliker vir my om vas te hou as om te laat gaan. . .

IMG_8630

IMG_5177 (3)

Hoe nou?

laat gaan . . .
hoe moet ek dit verstaan?
dis juis reg
dié ware, beproefde weg:
eers die vergaan
daarna die opstaan . . .

IMG_1063

IMG_1065

IMG_2515

Gebed: Here, dit troos ons om te weet dat U ons altyd vashou. Skryf asseblief U herfswaarhede op ons harttafels.

Die afgelope paar dae het ek die ongelooflike voorreg gehad om tyd saam met ‘n kosbare groepie sielsvriende deur te bring. Ons was by ‘n plek waar ons kon rus, kon wees . . . Ek het so ‘n iets beleef van Jesus se uitnodiging in Mattheus 11.

Matthew 11:28-30 The Message (MSG)

“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

IMG_0011 IMG_9989 IMG_9904 IMG_9896 IMG_9885

IMG_2328

IMG_0226

IMG_0118

Gebed: Dankie Here vir tye van stil word en tot rus kom. Dis hier waar ons perspektief op ons pas kry. Help ons om nie uit pas met U te leef nie, om nie te verpas wat U vir ons bedoel het nie.

1 Petr 1: 3 Ons prys die God en Vader van ons Here Jesus Christus, God wat baie goed is vir ons. Jesus Christus het gesterf, maar God het vir Jesus weer laat lewe, en so het God vir ons ook weer laat lewe. Ons het nou ’n nuwe lewe, en daarom kan ons baie seker wees van die dinge wat ons hoop.

 So ‘n rukkie gelede het ek ‘n wurm gewaar waar hy teen my studeerkamervenster teen so ‘n slakkepas, of moet ek eerder sê “wurmpas”,  teen swaartekrag opgebeur het.

Ek het gesien hoe hy homself stadig en doelgerig begin toespin…

Ons was weg met vakansie en toe ons terugkom, sien ek wat gebeur het en neem dadelik toe my kamera om die verhaal te deel.

Daar was nou ‘n skoenlapper teen die venster! Hy was pragtig (veral as ek teruggedink het aan die vroeëre wurmvoorkoms). Dink net hoe donker dit binne die kokon was, hoe beperkend, hoe benoud… Toe, op ‘n dag, op die regte tyd, bars die nuwe lewe daaruit!

Dit is ‘n simbool van ons opstanding, ons wat in Hom glo, eendag en ook nou.

Hy het vir so ‘n dag of wat verbete aan die buitekant van die kokon vasgeklou. Ek wonder of hy homself dalk in die weerkaatsing van die glas gesien het en nie sy oë kon glo oor die metamorfose nie! Of nou vlieg my verbeelding te ver, skoenlappers kan seker nie sover sien of dink nie… Hy het bly wag en klou totdat sy vlerke sterk genoeg was en het voor my oë na vryheid gevlieg! Wat ‘n gesig was dit nie!

 IMG_9318

IMG_9428

IMG_9544

Iemand het eenkeer gesê: “the tomb becomes the womb”. Nuwe lewe kom altyd uit die donkerste plekke…

Later besef ek dat wanneer ek in my kokon, in die donkerte is, is Hy besig om my te omvorm om my meer soos Hy te maak. Dis daar waar Hy ons volle aandag het, waar ons die sagte klei in Sy hande kan wees. Hy wil ons ook van ons egoïsme stroop. Al wat ons net moet doen is om ja te sê vir Hom, net soos Hy eens in die tuin van Getsemane gedoen het met: “nie My wil nie, maar U wil”. My neiging is gewoonlik om myself jammer te kry en te wonder waarom Hy dan so ver van my voel en al die tyd was Hy só naby my. So jammer ek besef dit gewoonlik eers heelwat later…

Ek kyk na die leë kokon en weet dat daar nog baie van my is wat moet sterf …

IMG_9651

Gebed: Here, help my in die tye wat dit lyk asof alles om my donker, dood is, asof U ver weg is. Herinner my asseblief daaraan dat daar altyd ‘n opstanding na ‘n nuwe, groter en vryer lewe na elke dood is. U laat altyd alles ten goede meewerk. U weet wat die beste vir elkeen van ons is. Amen