Joh 1:5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

‘n Krisis verander ons lewens ingrypend. Die een oomblik voel alles nog reg en die volgende oomblik is daar ‘n groot verlies. . . Dis asof daar ‘n donker gordyn om mens toevou,  die donkerte jou omsluit . . .

As Christene word ons nie gevrywaar van krisisse nie, maar ons weet dat Hy altyd by ons is, dat Hy ons nooit alleen laat nie. Hyself het deur soveel donkerte gegaan. Die voorhangsel het geskeur en daar het vir ons lig, toegang tot Hom gekom.

Met die kranslegging voorverlede Sondag loop ek stadig en ek sien dat een van die slagoffers se dogter voor my loop. Sy is in swart aangetrek en dis baie duidelik dat sy in skok is, dat haar hart gebreek is… Ek sien dat daar ‘n arm sag om haar gevou word. . .

Toe ek later die foto op my rekenaar aflaai, sien ek die ligstraal:

20161016_120209_hdr_resized

Toe herinner Hy my: nuwe lewe kom altyd uit die donkerste plekke…

IMG_2017

Markus 16:6 “Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het.

Toe onthou ek die woorde uit die liedboek: Lei U ons lig, deur hierdie duisternis. Here Jesus, U weet hoe, want U ken die pad uit die duisternis. Op U volmaakte tyd sal die lig deurbreek, terwyl ons aan die wete vashou dat U ewige arms altyd sag om ons gevou is.

Joh 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Ons ervaar steeds die rimpeleffek van wat verlede Woensdag in ons kompleks afgespeel het. . . Dit het ‘n invloed op soveel mense se lewens.

Die afgelope Sondag was daar ‘n diens en kranslegging by ons klubhuis. Die mense, oor alle grense heen, het in groot getalle opgedaag, soveel so dat daar nie genoeg sitplek was nie. Soveel bosse blomme is gebring. Die tragiese gebeure het mense nader aan mekaar gebring. Pyn is ‘n universele taal.

blomme-2

Ek hoor en sien hoe mense met mekaar praat, mekaar ondersteun.  Bure ontmoet mekaar vir die eerste keer. . . Mense, medepelgrims,  sien mekaar regtig raak.

Pelgrims

weens sonde
het ons almal wonde
niemand is ongeskonde
tog raak ons so verbonde

Pyn en lyding maak ons opnuut bewus van ons gebrokenheid en ons gebroke wêreld. Dit skud ons tot in die oomblik in, ons volle aandag is skielik hier. Ons broosheid en breekbaarheid maak ons bewus daarvan dat ons heling nodig het, dat ons nie sonder ‘n Verlosser kan leef nie.

Here Jesus, U het U daartoe verbind om ons wonde te verbind en ons daardeur aan U verbind. So verbind U ons ook aan mekaar deur ons wonde.

Die volgende woorde is vir my nou baie kosbaar: Hosea 2:18-19 Ek gaan jou my bruid maak vir altyd. Ek gaan jou aan My bind deur my weldade en my goeie sorg, deur my liefde en my ontferming. Ek gaan jou aan My bind deur my onverbreekbare trou sodat jy aan My, die Here, toegewy sal wees.

Ek kyk af en net hier op die harde pad, reg onder my voete, sien ek sy trou raak:

img_0018

Gister, na ‘n heerlike reënbui deur die nag, sien ek in hierdie poeletjie sy hart van liefde wat oorloop vir ons. . .waterhart

Ja, Here, tekens van U troue liefde is oral sigbaar, dikwels op plekke waar ons dit die minste verwag. . .

Psalm 23:2 He lets me rest in green meadows; he leads me beside peaceful streams.

Die geweld was hierdie week nie net ver nie, maar was baie naby, tot in ons kompleks, The Meadows.

Woensdag was ‘n dag van verskrikking wat geëindig het in 4 mense wat hier binne dood is. Ek en my man was buite die kompleks. Ons seun was by die huis, juis vanweë die geweld op die Universiteitskampus… Ons kon nie inkom by ons huis nie en ons seun moes binne die huis bly.

Laatnag kon ons eers terugkeer huis toe.

Die gebeure was oral in die nuus. As jy dit misgeloop het, lees meer by http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/pta-gyselaarsdrama-so-ontvou-gebeure/

My hart is stukkend. Wat maak dat een mens so iets geweldadigs aan ‘n ander doen? Wat gaan binne ‘n hart, ‘n lewe, aan om medemense net bloot só dood te skiet?

Ek loop gisteroggend met my kamera en vra dat Hy vir my sy hart wys.

Die huis is reg hier voor my: dit herinner aan ‘n fort. Daar is ‘n dik, hoë muur in aanbou. Drie lere lyk vreemd geplaas . . . Ek ervaar die pyn van dit wat hier gebeur het. Op die teer buite lê rooi grond op die plek waar een van die slagoffers gelê het, ‘n stille bewys van die tragedie wat homself hier afgespeel het… ‘n Pa, ‘n eggenoot, ‘n seun, koelbloedig doodgeskiet…  ‘n Lewe vernietig.

img_0002

Here, U wil vir ons rus bied in groen weivelde, terwyl daar soveel haat, vrees, onrus en geweld om ons en in ons is.

Mag ons harte groen weivelde vir mekaar wees waarin dié wat lewensmoeg en vol pyn is, rus kan vind en so ook die Herder daar ontmoet.

Ek loop stadig , baie hartseer weg en ek weet die pyn wat ek voel is syne… Hy, die Vredevors, wil hê ons moet in vrede leef. Ps 133:1 kom by my op – Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!

Met die terugstap sien ek aan die kaktusplant, met sy skerp punte, ‘n veertjie hang. Toe verstaan ek: selfs in al die seer, bly U daar, is U altyd met ons.

img_9983

‘n Entjie verder weg lê sy monogram reg hier voor my –

Ichtus: Jesus Christus, Seun van God, Verlosser.

img_0022

Dankie Heer dat U altyd by ons is, in elke oomblik. Dankie dat U ons gedurig daaraan herinner selfs in ons seerste seer, want U het ons in gedagte gehad in U seerste seer.

Ps 139:17 God, dit troos my om te weet dat U alles in u hand hou. Die gedagte daaraan is net te groot om te verstaan. (Boodskap)

Dis droog. . . Die aarde smag na water.

My vriendin wys vir my haar rooi rose en merk op dat hierdie rose die mooiste is wat hierdie boom nog ooit gedra het. Sy sê dis omdat dit so droog is dat hulle so pragtig is. Ek moes dié rose van naderby bekyk, van baie naby.

img_9412

img_9415

img_9419

Hulle is asemrowend mooi!

img_9440

Daar is soveel dinge om oor bekommerd te wees: die droogte, die land se probleme, onrus. . . Maar elke oggend kom die son op, gaan dit onder. Klokslag, elke dag. Dis lente en boonop die mooiste, mooiste maand!

Ja, daar is probleme, maar ons God is steeds in beheer.

Gebed: Here, help my asseblief om te bly blom, selfs die mooiste blomme te dra, al gebeur wat ook al. U lewende water, U onuitputlike fontein is binne ons en voed ons sodat ons kan blom waar ons ook al geplant is. In U lig, sien ons lig . . .

img_9438

Ps 36:10 “Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.”

IMG_3528

Uit 1 Kor 4: 5 Hy sal ook die dinge wat in duisternis verborge is, aan die lig bring.

Die afgelope week was rommel ‘n tema in my lewe:

‘n Epos waarsku dat my elektroniese posbus meer as 90% vol is en dat sommige boodskappe verwyder moet word om te verhoed dat ek my kwota oorskry…

In alle erns begin ek om baie boodskappe uit te vee, maar dieselfde boodskap kom onveranderlik, stiptelik elke dag terug… Noodgedwonge moes ek nadere ondersoek instel. Nou verklap ek dat my rekenaarvaardighede nie heeltemal op standaard is nie: tot my verbasing kom ek eindelik agter dat die grootste hoeveelheid data byna alles in die “trash”, die rommel-lêer, lê. In my onkunde het ek gedink dat ek alreeds die boodskappe totaal uitgevee het. Daar lê al die boodskappe wat ek gedink het ek lankal van ontslae geraak het, toe in een reuse rommelhoop! Dadelik het ek dit met groot verligting begin uitvee met die bevestiging op die skerm dat dit nou (eers!) permanent verwyder is…

Dit laat my toe wonder hoeveel keer ons dink dat rommel uit ons lewens verwyder is en dan is dit steeds daar, net versteek.

Ai, hoe wonderlik was dit toe nie daarna om soveel spasie te hê nie!

Die ander rommel in my lewe het op ‘n hoop buite gelê: tuinafval en klippe, oop en bloot, tog effens versteek agter die tuinmuur. . .

img_9219

Dit is gister deur twee baie fluks, vrolike jong manne verwyder. Ek vra hulle name: Noelle en Immanuel: Kersfees en God met ons!

Ja, Here, U is altyd met ons, ook om ons te help om alle rommel en rommelhope in ons lewens raak te sien en daarvan ontslae te raak. Maar daarvoor moet ons U vra.

Later toe hulle weg is, staan ek op die skoon plek waar die rommel was, en sien ek die pragtige skauduweepatrone van die boom op die nou oop grond. . .

img_9270

Dit laat my opkyk en ek sien die pragtige sagte, groen blare bokant my kop…

img_1065

nuwe-groei-1

Toe weet ek so goed, wanneer U vir ons die rommel uitwys en ons dit met U hulp laat gaan, kom daar spasie in ons lewens, en is daar plek vir nuwe groei om plaas te vind,  U groei, U wat alles welig laat groei. . . (Ps 65:11)

img_9331

Exodus 3:4a (MSG) God saw that he had stopped to look. God called to him from out of the bush.

Waar ons so ‘n rukkie gelede in ‘n nabygeleë wildtuin was, was dit hartverskeurend om te sien hoe droog dit is. Die damme het só min water in.  Op die oog af lyk alles so hard, so lelik, so ongenaakbaar . . .

Dis egter lente en hier en daar is daar bome met die mooiste bloeisels. Ek het al nader gegaan en hoe nader ek gegaan het, hoe groter het die skoonheid geword. . .

Ek deel dit graag met julle:

boom

img_8974

img_8958

img_8945

img_8948

“Holiness comes wrapped in the ordinary. There are burning bushes all around you. Every tree is full of angels. Hidden beauty is waiting in every crumb.” ― Macrina Wiederkehr

Dit is waar, daar is oral braambosse, selfs daar waar ons dit nie verwag nie. Om ‘n braambos te kan herken, moet ons egter stop om te kyk, hulle word nie sommer net in die verbyloop of -hardloop raakgesien nie.

Ek wil nie graag later moet sê: “Die Here is op hierdie plek en ek het dit nie besef nie”.

Gebed: Here, help my om asseblief U teenwoordigheid in elke elkedagse braambos raak te sien in elke mens, elke dier, in alles, want U is in alles.

img_8932

 

The real voyage of discovery consists not in seeking new landscapes, but in having new eyes. Marcel Proust

Ons was vir ‘n paar dae in ‘n wildtuin gewees. Om een of selfs meer van die groot vyf te sien, bly maar tog op ‘n mens se wenslys vir die dag. Die een dag, met een van ons ritte, is daar skielik baie motors en ons kon nie verby beweeg of iets sien nie. Met groot opgewondenheid sien ons later ‘n luiperd in die boom wat besig is om middagete te geniet. Die pad was ‘n hele entjie weg van die boom. 

img_8416

Met die hulp van die telefotolens, kon mens hier en daar iets van die kenmerkende grootkatlyf raaksien. . .

img_8425

Dis ‘n paar dae later, toe ek buite ons huisie sit, wat die klein kat my kom opsoek. Ons het mekaar vir die eerste keer gesien, maar hy het soos ‘n ou vriend homself naby my kom tuismaak en ons het net heerlik, in die stilte, bymekaar gesit en mekaar se geselskap geniet, die samesyn het later uitgeloop in ‘n sagte, rustige spin (syne natuurlik…). Ek dink myne het dieper gelê… Sou ek dit kon waag om die kamera te gaan haal om die oomblik vas te vang? Hier is wat hy besluit het:

img_8991

img_9017

img_9009

Later besef ek dat ek hom baie meer geniet het as die luiperd, dat hy my hart aangeraak het deur my toe te laat om so naby hom te kom, my genoeg te vertrou daarvoor.

Deur die lens het sy skoonheid my diep aangeraak, hy is só volmaak. Stadig het daar iets na die oppervlak begin deurbreek. . . Hy is net soos ek geskape, aanmekaar verweef deur ‘n Meesterhand. Sy pels se kleur het my ook aangeraak. . .

img_9029

img_9034

img_9020

Here, dankie vir U groot en klein verrassings elke dag. Vergewe my dat ek so dikwels na die “groot” dinge soek, terwyl die grootste rykdom in oënskynlik klein, onbenullige en alledaagse dinge lê. Soveel word oorgesien, misgekyk. U wil hê ons moet oor en van voor af sien… Dit verg nuwe oë.

U wil dit graag vir ons gee, maar ons moet daarvoor vra, besef dat ons blind is. Luk 18:40-41 Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.”

Oorsien

klein katjie, ek weet
ook jóú hare is getel
so ook jou dae
nes alle aardbewoners s’n . . .
daarom wil ek vandag vurig liefhê,
vlammend soos jou pels . . .
nie tyd verspil,
oral vertel, dit is uitgespel:
daar’s ‘n liefde wat brand en vlam,
onblusbaar
in die hartstogtelikste vuur

 

Fil 1:9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,

‘n Ruk gelede het ek hierdie boom raakgesien. Van ver af het hy so mooi vertoon.

img_0413

Maar toe ek nader kom en by hom stil word, sien ek op sy stam ‘n hart.  Dit het my hart aangeraak . . .

img_0814

Dis asof hierdie boom sy seer hart vir my wys. Die lied van R.E.M. Everybody hurts kom by my op. Nie almal loop met hulle harte op hul moue nie, maar as ons stadiger leef, bietjie R.E.M., stil sit by iemand, regtig omgee, sal hulle hul hart stadig vir jou oopmaak, wys. Dit alles vra egter tyd, liefde en geduld. Dit is oneindig kosbaar wanneer dit gebeur. Klipharde klipharte word dan vleessag . . .

img_0418

Gebed: Here, ons woon in ‘n stukkende wêreld waar almal wonde dra. Help ons asseblief daarom om sag te wees met mekaar, sag te kyk na mekaar, laat ons mekaar daaraan herinner dat U genesende lig altyd daar is en altyd genesing wil bring, U wat altyd sag na ons kyk . . .

Joh 15: 5 “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Hier in die lente, waar daar oral nuwe lewe is, of aan die gebeur is, ervaar ek iets van Jes 43:19a Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom. . .

IMG_7817

Ons hou van nuwe dinge en gebeure, maar dit kan ook soms vrees meebring, vrees vir die onbekende, die onsekerheid oor wat gaan kom.

IMG_7831

Hy weet dat die meegee vir ons soms soos ‘n lewenstryd  voel, maar die antwoord lê daarin om aan Hom verbind te bly en toe te laat dat Sy lewenskrag deur ons vloei. . . So berei Hy ons voor vir ons lewenstaak.

IMG_7804

Joh 15: 8 My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”

IMG_7801

Joh 16:33 In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

‘n Jong student sterf onverwags, ‘n middeljarige vrou sterf skielik, ‘n jong Ma en haar ongebore baba sterf,  ‘n middeljarige man kry beroerte en sterf  ‘n paar dae later . . . Soveel mense word tot stilstand geruk deur dood, siekte, beproewing, trauma.

 

Ons voel soms so teen die aarde, stukkend, flenters, vol gate. . .

IMG_2406

Maar: Man van lyding wat pyn geken het, U lewe hier op aarde was ook vol gate. Maar U het net uitgehou, aangehou, met volle vertroue in die Vader, selfs al was U self ook later vol gate. . .

IMG_0823

Paulus skryf in 2 Kor 4:17 Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

IMG_3047

 ‘n Heerlikheid, ‘n Heer-ligheid wag! Immanuel-God, wys asseblief vir ons U vensters, al is ons flenters, vol gate . . . Ek glo dat Paulus ook deur hierdie venster gekyk het toe hy die Here hoor sê het:  “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor 12: 9)

Skoenlapper