Psalm 23:2 He lets me rest in green meadows; he leads me beside peaceful streams.

Die geweld was hierdie week nie net ver nie, maar was baie naby, tot in ons kompleks, The Meadows.

Woensdag was ‘n dag van verskrikking wat geëindig het in 4 mense wat hier binne dood is. Ek en my man was buite die kompleks. Ons seun was by die huis, juis vanweë die geweld op die Universiteitskampus… Ons kon nie inkom by ons huis nie en ons seun moes binne die huis bly.

Laatnag kon ons eers terugkeer huis toe.

Die gebeure was oral in die nuus. As jy dit misgeloop het, lees meer by http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/pta-gyselaarsdrama-so-ontvou-gebeure/

My hart is stukkend. Wat maak dat een mens so iets geweldadigs aan ‘n ander doen? Wat gaan binne ‘n hart, ‘n lewe, aan om medemense net bloot só dood te skiet?

Ek loop gisteroggend met my kamera en vra dat Hy vir my sy hart wys.

Die huis is reg hier voor my: dit herinner aan ‘n fort. Daar is ‘n dik, hoë muur in aanbou. Drie lere lyk vreemd geplaas . . . Ek ervaar die pyn van dit wat hier gebeur het. Op die teer buite lê rooi grond op die plek waar een van die slagoffers gelê het, ‘n stille bewys van die tragedie wat homself hier afgespeel het… ‘n Pa, ‘n eggenoot, ‘n seun, koelbloedig doodgeskiet…  ‘n Lewe vernietig.

img_0002

Here, U wil vir ons rus bied in groen weivelde, terwyl daar soveel haat, vrees, onrus en geweld om ons en in ons is.

Mag ons harte groen weivelde vir mekaar wees waarin dié wat lewensmoeg en vol pyn is, rus kan vind en so ook die Herder daar ontmoet.

Ek loop stadig , baie hartseer weg en ek weet die pyn wat ek voel is syne… Hy, die Vredevors, wil hê ons moet in vrede leef. Ps 133:1 kom by my op – Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!

Met die terugstap sien ek aan die kaktusplant, met sy skerp punte, ‘n veertjie hang. Toe verstaan ek: selfs in al die seer, bly U daar, is U altyd met ons.

img_9983

‘n Entjie verder weg lê sy monogram reg hier voor my –

Ichtus: Jesus Christus, Seun van God, Verlosser.

img_0022

Dankie Heer dat U altyd by ons is, in elke oomblik. Dankie dat U ons gedurig daaraan herinner selfs in ons seerste seer, want U het ons in gedagte gehad in U seerste seer.

Uit 1 Kor 4: 5 Hy sal ook die dinge wat in duisternis verborge is, aan die lig bring.

Die afgelope week was rommel ‘n tema in my lewe:

‘n Epos waarsku dat my elektroniese posbus meer as 90% vol is en dat sommige boodskappe verwyder moet word om te verhoed dat ek my kwota oorskry…

In alle erns begin ek om baie boodskappe uit te vee, maar dieselfde boodskap kom onveranderlik, stiptelik elke dag terug… Noodgedwonge moes ek nadere ondersoek instel. Nou verklap ek dat my rekenaarvaardighede nie heeltemal op standaard is nie: tot my verbasing kom ek eindelik agter dat die grootste hoeveelheid data byna alles in die “trash”, die rommel-lêer, lê. In my onkunde het ek gedink dat ek alreeds die boodskappe totaal uitgevee het. Daar lê al die boodskappe wat ek gedink het ek lankal van ontslae geraak het, toe in een reuse rommelhoop! Dadelik het ek dit met groot verligting begin uitvee met die bevestiging op die skerm dat dit nou (eers!) permanent verwyder is…

Dit laat my toe wonder hoeveel keer ons dink dat rommel uit ons lewens verwyder is en dan is dit steeds daar, net versteek.

Ai, hoe wonderlik was dit toe nie daarna om soveel spasie te hê nie!

Die ander rommel in my lewe het op ‘n hoop buite gelê: tuinafval en klippe, oop en bloot, tog effens versteek agter die tuinmuur. . .

img_9219

Dit is gister deur twee baie fluks, vrolike jong manne verwyder. Ek vra hulle name: Noelle en Immanuel: Kersfees en God met ons!

Ja, Here, U is altyd met ons, ook om ons te help om alle rommel en rommelhope in ons lewens raak te sien en daarvan ontslae te raak. Maar daarvoor moet ons U vra.

Later toe hulle weg is, staan ek op die skoon plek waar die rommel was, en sien ek die pragtige skauduweepatrone van die boom op die nou oop grond. . .

img_9270

Dit laat my opkyk en ek sien die pragtige sagte, groen blare bokant my kop…

img_1065

nuwe-groei-1

Toe weet ek so goed, wanneer U vir ons die rommel uitwys en ons dit met U hulp laat gaan, kom daar spasie in ons lewens, en is daar plek vir nuwe groei om plaas te vind,  U groei, U wat alles welig laat groei. . . (Ps 65:11)

img_9331

Joh 3:16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Aan die kruis het Hy Homself, uit suiwer liefde, hou vir hou aan ons vasgebind.

Kruis

Was hierdie lyding, pyn aangenaam? Nee!

IMG_6563

Het dit betekenis, het dit deel van ‘n groter plan gevorm? Ja!

Soms voel dit asof die houe van die lewe pynlik neerreën, eintlik neerhael, op ons.

Is dit juis omdat Hy so baie van ons hou, ons so liefhet, dat Hy besig is om ons al nader te trek, ons te stroop van dit wat ons dink ons is, of moet wees? Is dit sodat Hy ons vas kan hou, kan omhels, in Sy ewige liefdesarms sodat ons kan leef uit ons ware identiteit: Sy beminde?

IMG_9933

Nou weet ek: genade is nie noodwendig wat ons goed laat voel nie, dis wat ons God laat voel. Met hierdie perspektief weet ons dat Hy naby ons is, en dat Hy deur al die groot en kleiner pyne van die lewe ons steeds in liefde vashou, daar waar niks en niemand ons kan uitruk nie. Só kry ons ‘n stewige houvas op die ewige lewe.

IMG_6603

If you change the way you look at things, the things you look at change – Wayne Dyer

Hierdie week het ek voortgegaan met die boom-mens-kyk oefening. Ek het eers elke dag opnuut bewus geraak van die besondere, unieke skoonheid van elke boom. Daar is juis nou soveel bome getooi in hul veelkleurige herfsgewaad.

IMG_3262

Met die oordrag van hierdie kyk na mense, was daar tog vordering, ek het meer nuuskierig na mense gekyk, regtig gekyk . . . Soms het ek ook gewonder aan watter boom ‘n spesifieke mens my laat dink. Op ‘n vreemde, misterieuse manier raak my wêreld al hoe mooier . . .

Ek het weer by my boomvriende gaan kuier en so wraggies, toe het dié een boom ‘n gesig . . .

IMG_3207

Sy mondjie is skoon oop van verbasing, dalk omdat hy nie kan glo dat ons so anders na mense as na bome kyk nie. Dalk is hy skoon hartseer ook, kyk hoe kyk sy ogies so af na sy neus . . .

Ek weet ek sal hom nie kan laat glimlag nie, maar ten minste kan ek probeer om ‘n glimlag op my medemens se gesig te bring, deur met ‘n glimlag op my gesig na hul te kyk!

Gebed: Here, help my asseblief om aan die einde van elke dag  saam met die wyse Salomo te kan sê: “Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my ‘n vreugde. – Spr 8:31. 

Ps 74:17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.

Die herfsbome met hul blare is vir my  ‘n simbool van hoe ek kan klou, terwyl ek maar net kan los, kan vertrou dat daar met elke oënskynlike verlies ‘n groter plan is. Dit kom egter net soveel natuurliker vir my om vas te hou as om te laat gaan. . .

IMG_8630

IMG_5177 (3)

Hoe nou?

laat gaan . . .
hoe moet ek dit verstaan?
dis juis reg
dié ware, beproefde weg:
eers die vergaan
daarna die opstaan . . .

IMG_1063

IMG_1065

IMG_2515

Gebed: Here, dit troos ons om te weet dat U ons altyd vashou. Skryf asseblief U herfswaarhede op ons harttafels.

Die afgelope paar dae het ek die ongelooflike voorreg gehad om tyd saam met ‘n kosbare groepie sielsvriende deur te bring. Ons was by ‘n plek waar ons kon rus, kon wees . . . Ek het so ‘n iets beleef van Jesus se uitnodiging in Mattheus 11.

Matthew 11:28-30 The Message (MSG)

“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

IMG_0011 IMG_9989 IMG_9904 IMG_9896 IMG_9885

IMG_2328

IMG_0226

IMG_0118

Gebed: Dankie Here vir tye van stil word en tot rus kom. Dis hier waar ons perspektief op ons pas kry. Help ons om nie uit pas met U te leef nie, om nie te verpas wat U vir ons bedoel het nie.

 

 

“Life is beautiful” sê sommige. “Life is a struggle” sê ander.
Die lewe leer ons egter só:

Life is a Beautiful struggle

IMG_6071

Die rose hierbo is vir my ‘n simbool daarvan: die geel, die son, en die rooi van die bloed, die stryd, albei is teenwoordig in die een blom.

Hoe leef ons hiermee saam? Ek glo die antwoord is in Ps 131 te vind:

Ek het rus gevind
1‘n Pelgrimslied. Van Dawid.
 
Selfverheffing en hoogmoed
is daar nie by my nie, Here.
Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie,
dinge wat bo my vermoë is.
2Ek het rus en kalmte gevind.
Soos ‘n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het,
so het ek tevredenheid gevind.

 

Ek ervaar dit so:

abba en baba
nie ‘n abrakadabra
maar vas, veilig, kalm

Babavoet

So wil ek die pad loop, dis die regte posisie om in te leef!

God comes to you disguised as your life – Paula D’Arcy

Ek was een van daardie mense wat indien my kind na my toe sou kom en rapporteer dat hy/sy 98% vir ‘n toets gekry het, ek sou wonder waar die ander 2% dan is. Op myself was ek nog harder en sou myself kasty oor verlore punte.

As daar iewers ‘n spelfout was, sou dit my bly pla en indien moontlik, moes ek dit onmiddellik regmaak. Dis asof iets binne my begin jeuk en ek dit nie kon los nie.

Soos jy seker kan sien, kon ek so fokus op die FOUT, dit wat nie perfek is nie… Ons is mos maar redelik blind waar dit by ons eie foute kom en my dogter het dit eendag so mooi opgesom: “Mamma sien nou al weer net die gat in die doughnut”! Dis woorde wat my diep laat nadink het, selfs tot in gate, in donkerte,  in . . .

Daar het ek ontdek dat daar nie iets soos perfeksie hierdie kant van die ewigheid bestaan nie en dat ek gerus maar kan ontspan en laat gaan. Die lewe het my ook geleer dat ek beslis nie in beheer is nie, dat die beste beheer wat ek oor my lewe kan hê, is om beheer oor te gee aan Hom alles perfek in sy hand hou. Om dit anders te sê: ek kry beheer oor my lewe deur beheer te verloor.

 Whole in One: Doughnut Wisdom

if you see the hole
but not the whole
you will end up in a hole . . .
if you see the hole
but also the whole
you will become whole

Ons geloof is altyd paradoksaal.