Albert Einstein — ‘There are only two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle’

 

 

Die afgelope week was ek op ‘n stilte retreat gewees. Dit was weer eens vir my  ‘n diep, wonderlike ervaring. Dit is moeilik om in woorde te omskryf wat met ‘n mens gebeur wanneer ‘n mens vir langer tye eenkant gaan, stil word. My ervaring is dat ‘n mens ekstra ruimte skep vir God om ons ten diepste aan te raak. Ps 46:11 verwoord dit vir my die beste: Wees stil en weet Ek is God.

Die natuurskoon by die retreatsentrum was onbeskryflik mooi, dit was kosbaar om Hom ook daarin te beleef. Wat my egter die meeste aangeraak het, was toe ek na een middagete ‘n glas met water voor my gehad het en daarna gekyk het, regtig gekyk het . . .

Hier is die foto van die glas:

Waterglas Origins 4 nov15 Klein

Ek het daarin spatseltjies van die mooiste kleure gesien en toe besluit om dit ‘n bietjie te vergroot. Hier is ‘n paar van die foto’s:

Waterglas 3

Waterglas 1

 

Waterglas 4

Waterglas 2

Ligdans 6

Dit het my dadelik laat dink dat ons elke dag so kan jaag en soveel wondere rondom ons miskyk,  omdat ons te besig is . . .

Gebed: Here, ek kan so deur ‘n dag jaag, terwyl U rondom my skitter en blink. Ek soek dit dikwels in groot dinge, terwyl dit U manier is om die grootste skatte in die mees gewone dinge te versteek. O Heer, maak my hart stil, leeg genoeg sodat my hartsoë sal oopgaan om U oral en in alles te sien.

 

It is always the simple that produces the marvelous – Amelia Barr

 

 

 

Glanslewe

die volste lewe
is dié een
wat oënskynlik
die leegste is:
waar Sy oë skyn,
glansend, op my
deur my

Proverbs 13:7 A pretentious, showy life is an empty life; a plain and simple life is a full life (The Message)

Duif en Sonlig Ha Phororo 30 Aug 2014

 

 

Filippense 2:5-8

 

 

uit suiwer liefde
het die Woord woordloos
ons wêreld binnegekom

gestroop, nakend, hulpeloos

het Hy kom leef,
kom leer om nét so
sý nuwe wêreld
binne te gaan
om daardeur los,
lig genoeg te raak
vir die trek . . .
om te land
in suiwer Liefde

Kruis Origins Klein

Rom 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

 

 

 

álles wat ek sien, alles wat U wys

spel liefde:

die letters, woorde uit U liefdesalfabet

met kwashale delikaat, meesterlik voltooi

uit U liefdespalet . . .

dit alles vervul my met verwondering . . .

ek sal U nooit hier kenbaar kan ken

maar dit is genoeg

hiermee wil ek bloot

my kinder-kleine liefde te kenne gee

o Gees, skommel asseblief my

kromme groepies alfabet

tot ‘n aanneemlike gebed

wat later piek

na waar U alles snoer

sodat nie ek bid

maar Ek …

IMG_6866IMG_3016