Wolke is darem fassinerend! Dit bly nog altyd vir my ‘n vreugde om na wolke te kyk.

In die Woord is daar soveel verwysing na wolke. . .

IMG_3012

Job 37:16 Weet jy hoe die wolke sweef? Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is.

IMG_2327

 Ps 36:6 Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke,

IMG_8795

 Ps 57: 11 want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke!

 Ps 68:5 Sing ‘n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak ‘n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is.

IMG_8817

 Ps 68: 35 Erken dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke!

 Ps 78: 14 Bedags het Hy hulle met ‘n wolk gelei, snags met die lig van ‘n vuur.

IMG_8761

IMG_3795

Ps 99:7 In ‘n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het.

Ps 104:3b U wat op die wolke ry, op die vleuels van die wind,

Ps 147:8 Hy oordek die hemel met wolke, Hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die bergland uitspruit.

 Luk 9:34,35 Terwyl hy nog praat, kom daar ‘n wolk en gooi sy skaduwee oor hulle, en toe die wolk hulle insluit, het die dissipels bang geword. Daar kom toe ‘n stem uit die wolk wat sê: “Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom.”

Matt 24:30 “Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit.

IMG_3791

 Matt 26:64 Jesus antwoord hom: “Dit is soos u sê. Daarby sê Ek vir julle:   “Van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is, en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel.” 

IMG_2351

Markus 13: 26,27 “Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit. En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te bring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant.”

IMG_5964

 Handelinge 1: 9-11 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

IMG_3466

 Openbaring 1:7,8 Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker! “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

As ek hierdie lees, dan ervaar ek wolke as simbole van onder andere:  Sy almag, wonderlike werke, voorsienigheid, volmaaktheid, nabyheid, sorg, trou, teenwoordigheid, hulp, misterie, belofte van sy wederkoms en bowenal sy liefde!

IMG_4063

Hy, wat die wolke as rytuig gebruik, gaan ons eendag op die wolke ontmoet:

1 Tess 4:16-18 Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde.

Dit is genoeg om elke dag my kop op te lig, dit gee my moed dat ons so gaan ontmoet. Met my voete op die aarde, slaan ek my oë op na sy wolke. . .

Hy gaan ons op wolke kom haal en daarom mag ons in die wolke wees omdat ons eendag op die wolke gaan wees! Wat ‘n reis!

Luk 7:35 Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”

Soms voel die lewe vir ons so onverstaanbaar, so asof daar net te veel donker, verlies en seerkry is, so asof ons bloei . . .

Deur na hierdie amandelbloeisels te kyk, het ek iets groters beleef. . .

In die donker het hierdie nuwe lewe stil en stadig begin ontvou en het later tot bloeisels deurgebreek. Word ons dalk uitgenooi om kinderlik en blindelings te bly glo dat Hy besig is met ons en dat ons sy prosesse en sy tyd moet vertrou? Moet ons bloot net in die onsekerheid van die donker geduldig bly wag vir die nuwe lewe wat stadig besig om te ontvou? In Jes 30:15 lees ons: Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.  Sjoe, dit kan so moeilik wees. Dis so maklik om te kla en in selfbejammering en hooploosheid te verval.

Ons sou dit so graag anders wou hê, maar op hierdie aarde word ons nie gevrywaar van pyn en seerkry nie. Jesus het egter vir ons so duidelik kom wys hoe nuwe lewe uit die donkerste plekke verrys.

IMG_7541

Amandelbloeisels 3

Here, help ons asseblief om vas te hou aan die wete dat U alles in U hand hou, dat U in beheer is van elke seisoen in ons lewe én saam met ons daardeur gaan. Mag ons gedurig aan U beloftes herinner word: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebr 13:5, Deut 31:6, Jos 1:5) en Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! (Jer 29:11) 

Dan sal ons bloeiseisoene uit ‘n ander perspektief beleef.

Bloeiseisoen

bloei blomme
bloei, bloei
voor bloei, bloei
voor groei, bloei

Psalm 74:17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.

Die eerste woorde van ‘n ou volksliedjie, “dis heerlike lente, die winter’s verby”, kom in my op toe ek hierdie nuwe, nuutgebore skoonhede sien. Alhoewel daar ‘n yskoue windjie om my waai, het hierdie asemrowende amandelbloeisels hul boodskap baie duidelik in blommetaal gebring. Hulle is die eerste bome wat hul lentegewaad vertoon en so die nuwe lente aankondig, asof hul sê: kyk, sien, hier is die nuwe seisoen, hier is die bewys daarvan!

Hoop jy geniet hulle net soveel as wat ek dit geniet om hulle na jou te bring.

 IMG_7536

Amandelbloeisels 1

Amandelbloeisels 2

IMG_7441

Littekens

die dor boom
het in die volheid van tyd
deurweek van die nuwe seisoen
in volle bloei gestaan . . .
nuwe lewe het deurgebreek, aangebreek

IMG_0645

Amandelbloeisels 3

Gebed: Dankie Here, dat ons kan glo: daar is altyd ‘n nuwe lente, ‘n nuwe lewe, wat na ‘n winter aanbreek, in die natuur en ook in ons lewens.

Lukas 12:27 ”Kyk na die veldblomme – hoe hulle groei! Hulle swoeg nie en hulle spin nie. Maar Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy prag was nie soos een van hulle geklee nie.

Die skoonheid van die perdeblomme  (dandelions) een oggend vroeg, so met die dou daarop, het my diep aangeraak.

1100

1044

1091

1086

Dou is soveel keer in die Bybel ‘n simbool van Sy seën en sorg. ‘n Paar skrifgedeeltes: Genesis 27:28 – God gee aan jou dou uit die hemel, Numeri 11:9 – Die manna het snags saam met die dou by die kamp geval., Deut 33:13 Mag sy land deur die Here geseën word: met die beste uit die hemel, met dou.

Doublom

perdeblom, o veldblom
geen swoeg, geen sweet
swierig, in spierwit gekleed
met bruidsjuweel getooi:
skitterend, glansryk die kraalwerk
U handewerk
veelvoudig die seën, trou:
die blomsorg, hemelse dou

ons, so sorg-gevul
terwyl U sorgvuldig sorg

392

Luke 12:28 (MSG) If God gives such attention to the wildflowers, most of them never even seen, don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you?

Fil 1:20b-21 Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.

Die afgelope week het ek soveel Perdeblomme, wat ons as Dandelions ken, raakgesien. Ek het my aan hulle verkyk en hulle skoonheid het my verstom. Later het ek hul van naderby leer ken op Google. Dit is ‘n wonderlike plant met soveel voedingswaarde én genesende eienskappe! Hier het ek in my onkunde gedink dis sommer ‘n onkruid.

011

1203

1151

1206

487

490

Ek sien toe hierdie op YouTube en deel dit graag:

Dit het my diep aangeraak . . .

Gesaaides

geel, vrolike sonblom
liggevulde, helder lewe . . .
maar toe die toevou
die donkerte, geen sien,
geen son, geen sin
die ongemak, onsekerheid
die wag, die sterf . . .

maar toe die ontvou –
spierwit oorvloed wat oopvou
in skitterende bruidsgewaad . . .

en toe eers:
die asem van die Wind
tot ‘n lewe met Hom besaai

Gebed: Heer, daar is soveel skatte elke dag reg onder ons neuse versteek. Dankie vir hierdie nederige Perdeblom se les, wees my genadig dat ek mag leef as U Perdeblommetjie.

1 Petr 1:24a Die skrif sê: “Die mens is soos gras . . .

Die afgelope week was ek, grasmens, tussen hierdie gras. Hulle het regtig maar onopvallend en vaal gelyk, maar toe die “goue uur” laatmiddag aanbreek, gebeur daar iets met hulle en ook met my . . .

1253

1279

161

175

Voor my oë is die vaal gras getransformeer na goue gras. Ek het net baie stil geraak en saam met die gras die Lig ervaar.

Ons graslewens is so tydelik en gewoon, maar met Sy lig word dit Goddelik. In 2 Petrus 1 lees ons dat ons deel kry aan die Goddelike natuur!

Dankie Heer, dat U lig altyd op ons, in ons, en deur ons skyn. Maak ons asseblief daarvan bewus sodat ons kan leef as U goue graskinders. So kan elke uur ‘n goue uur, elke oomblik heilig wees.

Ek wys later vir my ma die foto’s en sy sê dat dit haar herinner aan ‘n Nederlandse gedig van Nel Benschop: “Gouddraad uit vlas”. Die laaste strofe daarvan is:

Maar boven alles zou ik willen zijn Uw kind,
een Koningskind, dat glansloos vlas tot gouddraad spint.

Kolossense 3:2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie.

Die tema van verlede week se inskrywing was oor vure, min wetende dat nog ‘n vuur die volgende bloginskrywing sou vul. . .

Sondagoggend het die S.O.S per epos gekom:

(Plastic View is die plakkerskamp langs Moreletapark gemeente se kerkterrein.)

Die fisiese, verwoestende vuur het uitgewoed, maar dit het ‘n nuwe vuur tot gevolg gehad. . . Brandende harte het voete in beweging gebring en hande laat oopgaan, soveel so dat daar so vroeg as Dinsdag al ‘n epos gekom het met die titel:

Plastic View: Dankie! Ons voorraad is vol!

Dit het my laat dink aan die gedig van Teresa van Avila:

Christ Has No Body

Christ has no body but yours,
No hands, no feet on earth but yours,
Yours are the eyes with which he looks
Compassion on this world,
Yours are the feet with which he walks to do good,
Yours are the hands, with which he blesses all the world.
Yours are the hands, yours are the feet,
Yours are the eyes, you are his body.
Christ has no body now but yours,
No hands, no feet on earth but yours,
Yours are the eyes with which he looks
compassion on this world.
Christ has no body now on earth but yours.

Ek het gaan stil word by die kruise op die kerkterrein.

Net ‘n entjie onderkant die kruise, sien ek toe die volgende stelle veertjies. Hulle lê twee-twee styf bymekaar in die gras:

Later loop ek na die hek by Plastic View. Daar hang ‘n brandreuk in die lug. Daar is groot bedrywigheid en ek sien en hoor hoe daar gekap en gewerskaf word aan nuwe huisvesting.

Toe hoor ek dit bo al die ander klanke: ‘n vrou wat diep, gelukkig uit haar maag lag. . . Ek luister in verwondering daarna. Hoe kan ‘n mens alles verloor en twee dae later só lag?

Dit word toe vir my kristalhelder: ék het ‘n “plastic view” wat maak dat ek perspektief verloor en vaskyk teen aardse, brandbare besittings en soveel keer vreugde misloop, miskyk.

Toe sien ek dié drie raak. Dis die eerste keer dat ek hierdie voëls met hul wit en swart sien. Hulle is eers op die grond en al drie later in die lug.

Later kry ek bevestiging dat dit skoorsteenveërs of heilige ibisse (van die Engels: sacred ibis) is. Toe verstaan ek die heilige boodskappe van die drie voëls en die veerpare: ons het U, Drie-enige God, so nodig om die skoorsteen van ons lewens skoon te hou, al die vuil en verstoppings weg te neem, sodat ons skoon en brandend sal bly, warmte sal gee waar ons ook al kom. U wys vir ons dat ons mekaar nodig het om uit te styg bo die plastiek van ons lewens. . . S.O.S Here, wees ons asseblief genadig.

Hosea 11:8 My liefde brand te sterk.

 

Die afgelope Saterdag het ek vir die dag ‘n stilteretreat bygewoon.

Buite, in die stil ure, sien ek toe die vure:

Vuurblare 4

20160625_120313_HDR

Vuurblare 2

Dit het my so laat besef Hy het deur alle tye heen nog altyd Sy vurige liefde aan die mensdom bewys. Die hoogtepunt daarvan was aan die kruis en later in die vuurtonge met die uitstorting van die Heilige Gees.

Catherine van Siena het geskryf: You are the fire, nothing but a fire of love, crazy over what You have made.

Gebed: Heer, kom brand in ons harte, vul ons en elke uur van ons lewe met U heilige vuur.

So word U vurige liefdeshart oral op aarde sigbaar . . .

20160625_131745-1

Ps 34:8 O taste and see that the LORD is good . . .

“Die retreatnaweek is op hande en ons is so te sê gereed vir jul aankoms. Ek moet nog net gaan kappertjies pluk vir die kamers en die verwarmers aanskakel.”

Die epos-boodskap hierbo enkele dae voor die retreat moes alreeds ‘n aanduiding gegee het van wat sou kom. . .

Alles was toe 100% gereed met ons aankoms by die Restory retreatsentrum vir ‘n fotografieretreat. Ons is met ope arms en harte verwelkom. Toe ek in my kamer kom, val my oog dadelik op die kappertjies in die blompot.  Hulle het my kamer opgevrolik met hul intense, helder kleure. Die landskap daar buite was wintervaal en die wind geniepsig koud. Die warmte van die verwarmer en die kappertjies het my dadelik so welkom, so tuis, laat voel.

IMG_4598

Die volgende oggend kry ons die opdrag om iets te gaan afneem, of liewer, te gaan sit en te ontvang wat na ons toe kom, dan ‘n foto daarvan te neem.

Toe ek in my kamer kom om my kamera te kry, val my oog weer op die vrolike kappertjies in die blompot. Ek kyk lank en stil daarna en besef dis wat ek nou ontvang: ek ervaar Sy goedheid, Sy sorg, in hulle. Die lens skuif tussen my en hulle in en hul dieper skoonheid word vasgevang, gestoor in my kamera asook in my.

IMG_4388

IMG_4363

IMG_4379

Met middagete sit ek een van die kappertjieblomme uit die slaai op my bord. Bewustelik, stil het ek daarna gekyk, dit geëet en die bevestiging dat Hy goed is, selfs op my tong gevoel. . . Die kappertjieblom het my laat sien en laat proe dat Hy goed is!

IMG_4582

Gebed: Heer, laat ons asseblief kappertjiekleur en -warmte in ‘n koue, harde en soms ongenaakbare wêreld bring.

Later sien ek die sonnetjie en sy strale op die kapperblaar en ek weet dat Hy ons uitnooi om Sý lig uit te straal net daar waar ons is en só dalk iemand se winter ophelder . . .

IMG_4348

Junie 2016 – na aanleiding van die versoeningsbyeenkoms by die Orlando-stadion in Soweto en die massamoord by die Pulse nagklub in Orlando, Florida

 

 

 

Orlando’s bloei

GEWEERSKOTE KNETTER, VERPLETTER

polsende haat se vinger op sneller. . .
ou wonde hier
en rou wonde dáár
twee stories, enkele ure uit mekaar . . .
wêrelde van mekaar

‘n medemens in kruishaar –
die kruispadkeuse: versoen of verdoem

ons bemind tot anderkant bloedvloei –
hoe sal ons dan ander bloed laat vloei?

Heer, wees ons genadig
laat ons uit U genadeskoot bloei . . .

IMG_0545

IMG_3528