Fil 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind …

 

 

 

Opstandingslewe

Hy het na ons oorgekom
Hy het die dood oorkom
ons die ewige dood laat ontkom
Hom het ek so lief!
ek kan iets oorkom . . .
ek kan enige iets oorkom
verrys ek, verenig met Hom . . .

Die wolke oor Kaapstad die afgelope Paasnaweek het vir my die boodskap duidelik uitgespel:

IMG_8792

IMG_8819

Gebed: Dankie, opgestane Heer, dat U u opstandingskrag elke dag aan ons bied, reeds hier en nou, dat ons daaruit kan lééf.

Lukas 23:33 Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant.

Here, my woorde is min, my hart so vol. U kruis raak my hart so diep omdat die grootste pyn en die grootste onskuld mekaar daar kruis . . .

Op hierdie Vrydag het die swaar gordyn, U, geskeur en daarmee is U hart ontbloot soos nog nooit tevore nie. . .

Kruise

 

 

 

 

 

Getsemane kruispad

Luk 22:39-46

die gewig van wat wag . . .
sy knieë knak, Hy sink neer . . .
Abba, dié bitter beker van sondestank só vól
engeltroos . . .
doodsangelpyn, vasgekeer, broos
bloed pêrel uit sy lyf . . .
flits ek en jy verby sy oog
lig Lig Hom self omhoog . . .

Jes 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

IMG_2351 Read More →

Joh 12:13 Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!”

Hy weet hoe ons is

sondag nog
kom Hy op vul
waai ek die palm
my Koning kom

enkele mane later
met weersin gevul
waai ek die palm
toegevou, verduister in vuis
Hy moet gaan

tog word sy woord
so vervul . . .

nou vul Hy my
vou Hy my toe
in sy deurboorde palm

Gebed: Dankie, Heer, dat U ons só goed ken met ons vuil, feilbare harte en al. Ten spyte daarvan het U gekom en u lewe vir ons kom gee. Dit vul my met die grootste verwondering.

 

 

Hebr 13:5 “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

 

 

Hierdie week is dit uitbasuin dat ‘n bekende sportster se borge hul borgskappe van haar onttrek. Dit laat my ver binnepaaie loop . . .

My Vader borg, gee soveel oorvloed elke oomblik van elke dag waarvoor Hy nie ‘n teenprestasie verwag nie. Hy ken my deur en deur. Hy weet presies waaraan ek skuldig is, waaraan ek my vergryp, wat ek misbruik, wangebruik . . .

Ons God se hart word kleisag wanneer sy kleimensies, sy grasmensies met hul ek-is-so-jammer harte na Hom toe draai. Hy verwelkom ons altyd terug, staan dit geskryf in Lukas 15.

Pa en Kind

Weg-loper

‘n Pa wat uit sy pad gaan
die pad af hardloop
om sy arms vol hoop
om my te slaan
daarin toe te vou,
in ‘n kus vas te hou

IMG_7107

Gebed: Dankie Heer, dat U altyd bereid is om my sonde te vergewe en dit nie aan die groot klok hang nie. In hierdie liefdevolle sfeer word enige begeerte of behoefte om vinger te wys, op die lange baan geskuif . . .

IMG_6207

 

Kol 4 : 6 Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.

By op lavender

 Versoeting

o groot Chemikus
distilleer uit my lewensvog
die soetste nektar
sodat die by my
U daarin proe