Met gister se Hemelvaartsdag en met Pinkster net om die draai, deel ek graag hierdie liglied met julle.

O Light of Life!

O Light of life, O pure Light divine
Thou art in us; our ember is thine
Kindle our faith, give hope when we fear
Deepen our love, Thy fire appear.
Light of our souls, thou spark at our birth
Grow bright in us, shine in all the earth.

O Light of life, O true Light of peace
Storms will arise, let Thy light increase
Pierce through dark clouds, give pause to the proud
Let Thy shafts fall, lift humble heads bowed.
Answer our pleas, melt hearts in Thy flame
Make us as one, as one in Thy name.

O Light of life, O sweet Light of grace
Thou bids us come, we follow apace
See the bright tree, behold the white fruit
Feasting we weep, we witness the root.

O Light of life, O dear Light of love
Come wash us clean, send forth Thy white dove

Fill us with fire, enlighten our eyes
Help us to love, ’tis price of the prize
Then let us come, enrobe us in white
Clinging to Thee, light unto Thy light.

Light unto light

O Light of love

Amen

Johannes 8:12 Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Ons was vir ‘n ruk in die Drakensberge gewees en toe ons aan die einde van ons vakansie in die motor wag dat die veiligheidshek van die oord agter ons toegaan, begroet hierdie toneel ons aan die oorkant van die pad:

Help ons, Here, dat wanneer daar soms deure of hekke agter ons toegaan, ons nie onsself blind daarteen sal staar nie, maar sal bly voortreis om u alomteenwoordige lig op nuwe en verrassende maniere te beleef. . . Maak asseblief ons oë wawyd daarvoor oop.

U kleed wat met lig omhul is, wag ons om elke hoek en draai in en rus sag op ons. . . So maak U ons lewensreis een wat lig en vol lig is.