Die Here gebruik soms ongewone maniere om sy boodskappe te bring. . .

Hierdie is Job se woorde, nadat hy al hoe dieper begin luister het:

Job 12:7 “Miskien moet jy die diere vra om jou te leer, die voëls daarbo om jou te vertel…

Eens het die Here ‘n donkie gebruik wat in ‘n hoorbare stem gepraat het!

Numeri 22:28 Toe laat die Here die donkie praat, en die donkie sê vir Bileam…

Hier volg Jesus se woorde: Verder het Hy gesê: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!” (Markus 4:9)

Here, maak asseblief ons harte stil genoeg sodat ons met oop ore diep kan luister, op watter manier U ook al met ons praat, want U wil met ons kommunikeer!

Mag ons diep uit ons harte vir U sê: spreek Heer, u kinders wil luister.

Psalm 104:12 Die voëls van die hemel maak nes langs die strome en sing tussen die bome se takke.

Ons was so twee weke gelede weer in die bosveld gewees. Watter ongelooflike klanke het ons nie ingewag nie!

“In almost everything that touches our everyday life on earth, God is pleased when we’re pleased. He wills that we be as free as birds to soar and sing our maker’s praise without anxiety.” A.W.Tozer

I want to sing like the birds sing, not worrying about who hears or what they think. Rumi

A bird doesn’t sing because it has an answer, it sings because it has a song. Maya Angelou

Dankie, geveerde leermeesters, julle leer ons nog tot vandag toe. Ons mensekinders sukkel maar steeds. . . Hou maar net aan om ons te leer, want ons wil ook ons lied so vry en uit volle bors soos julle sing!

Kyk ‘n bietjie na hierdie verstommende video:

Sy kyk na die vier note en sê “interesting”, dink daaroor en skep dan hierdie allermooiste improvisasies! Mens raak sprakeloos. . .

Here, help ons asseblief om met dankbare harte ons gegewe lewensnote te gebruik en ook daarmee te improviseer om die mooiste musiek hier op aarde te maak!

Mag ons dan so, noot per noot, ‘n lof- en danklied aan U bring en deur die vrolike klanke ons wêreld se nood help verlig. . .