Jesaja 35:2 Ja, daar sal ’n oorvloed wees van blomme, en ’n gejuig en gesing!

As ‘n mens maar één van God se volmaakte blomme moes maak, sou dit ‘n leeftyd geneem het. William Blake

Blomme is die poësie van die aarde, soos sterre die poësie van die hemel is. Anoniem

Wesens van ‘n planeet waar daar nie blomme is nie, moet seker dink ons aardbewoners is mal van vreugde om soveel skoonheid rondom ons te hê. Iris Murdoch

In vreugde of in smart is blomme ons getroue vriende. Kokuzo Okakura

Blomme is ‘n groot seëning, want die Here het ‘n ruikertjie gemaak in die veld met sy dissipels en Hy het gepreek oor die lelie; want daar is geen hoogte waar daar nie blomme is nie. Blomme is ‘n groot seëning vir al die sintuie. Christopher Smart

Here, mag ons ook in ‘n wêreld wat smag na seën, U blomme wees wat seën bring vir almal om ons.

Dis slegs U nabyheid en seën wat ons daartoe in staat stel. . .

Iemand het eenkeer gesê dat hierdie gebed die wreedste gebed is wat ‘n mens kan bid:

Welcoming Prayer – Thomas Keating

Welcome, welcome, welcome.
I welcome everything that comes to me today
because I know it’s for my healing.
I welcome all thoughts, feelings, emotions, persons, situations and conditions.
I let go of my desire for power and control.
I let go of my desire for affection, esteem, approval and pleasure.
I let go of my desire for survival and security.
I let go of my desire to change any situation, condition, person or myself.
I open to the love and presence of God and God’s action within.
Amen 

Dit voel dikwels na ‘n groot verlies om soveel te laat gaan en dis gewoonlik baie moeilik.

Dalk is een van die grootste redes daarvoor dat “Most people prefer the certainty of misery to the misery of uncertainty.” Virginia Satir

Tog is dit een van die mees bevrydende gebede. . .

Dit maak ‘n mens vry en onaantasbaar. Dis egter ‘n lewenslange proses. Ek glo dat dit van onskatbare waarde kan wees om hierdie gebed elke dag te bid, nie net gedurende ons stiltetyd nie, maar ook oor en oor soos wat die lewe met ons gebeur.

In Johannes 8:32 sê Jesus: en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

Die uitlewing van hierdie gebed laat mens ervaar hoe elke bietjie sterf aan self én oorgee aan Hom mens net ligter en ligter maak.  Dan volg die vreugdevolle uitroep: Welkom, welkom, welkom, vryheid!

Galasiërs 5:1 Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Psalm 23, Die Here is my herder, is heel waarskynlik die bekendste psalm en is seker dié een wat die meeste van ons van vroegs af al ken. Hierdie vrye vertaling, oorspronklik in Japanees, is so pragtig:

 

 

 

Die Here stel my pas vas – ek sal nie haas nie.
Hy laat my tot stilstand kom vir rustige oomblikke.

Hy voorsien my van beelde van stilte
wat die vrede in my herstel.


Hy lei my in weë van bevoegdheid
deur kalmte van gees.
Hy rig my na vrede.


Al het ek baie dinge om elke dag te doen,
sal ek nie paniekerig word nie,
want sy teenwoordigheid is in my.
Sy ewigheid, sy almag hou my in balans.


U berei vir my verfrissing en vernuwing
te midde van al my aktiwiteite.


U salf my gedagtes met olie van rustigheid.
My beker van vreugdevolle energie loop oor.

Net harmonie en doeltreffendheid sal vrugte wees van al my ure.
Want ek sal in pas wees met my Here
En in sy huis vertoef vir ewig.

Lyk vir my dis vir ons haas onmoontlik om nie haastig te leef nie. Here, help ons asseblief om onsself gereeld te plaas in stille rustigheid voor U. Laat ons soms die pas markeer en in afwagting stil voor U te raak, en so in pas te kom met die rustige, uitnodigende fluister binne ons.

So sal Sy vrede en rustigheid ons lewens deurdring, selfs tydens ons alledaagse take, in pas met ons Herder se lewensritme. . .

Daarom sal ek my nie haas nie, want ek is ‘n skaap van Sy kudde!

So aan die begin van ‘n nuwe jaar is daar soveel van ons wat met hernieude ywer weer oefen na ‘n vakansierus of selfs dalk van nuuts af begin oefen. Ons het soms wonderlike nuwejaarsvoornemens. . .

Daar is egter ‘n ander manier van oefen wat eeue oud is, eintlik ‘n tydlose oefening, maar dis steeds die beste oefening ooit, want dit het ewigheidswaarde!

…everything faded, thinned to nothing, beside the light which bathed and warmed, the Presence your being had opened to. Where it shone, there life was, and abundantly; it touched your dullest task, and the task was easy. Joyful, absorbed, you ‘practiced the presence of God’ as a musician practices hour after hour his art: ‘A stone before the carver,’ you ‘entered into yourself.’ – Denise Levertov skryf só oor Br Lawrence (1614-1691)

St Teresa van Avila (1515-1582) se woorde inspireer vandag nog:

God alone is enough.
Let nothing upset you,
let nothing startle you.
All things pass;
God does not change.
Patience wins
all it seeks.
Whoever has God
lacks nothing:
God alone is enough

Br Lawrence skryf self: “If I were to be responsible for guiding souls, I would urge everyone to be aware of God’s constant presence, if for no other reason than His presence is a delight to our souls and spirit.”

Hierdie gedissiplineerde inoefening bring ongekende vreugde!

Hy wag vir ons, Hy wil ons naby Hom hê. Daar is egter ‘n probleem: ons beweeg soms in die teenoorgestelde rigting! Meister Eckhart beskryf dit so: “God is at home, it’s we who have gone out for a walk.”

In Gebed begin Koos du Plessis met die woorde: Laat my nooit die grond verlaat nie, laat my in U skadu bly…

Die laaste reëls is: eint’lik smag ek na U waters van rus, lei my Heer vanaand daarheen.

So: in hierdie nuwe jaar moet ons nie toelaat dat enige iets ons van koers af of van stryk bring nie, laat ons in die regte koers bly loop. Laat ons opstaan en aanstryk, al voel dit asof ons gedurig struikel en val. Hy bly ons geduldig lei, sy liefdevolle arms bly altyd oop, Hy wag ons in by Sy waters van rus. . . Hy weet ons raak so gou moeg. Hy alleen is genoeg!

1 Kron 16:11b (Die Boodskap) Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie. In die Nuwe Lewende Vertaling is dit so vertaal: Hou aan om Hom te soek.

So bied U vir ons 365 nuwe oefengeleenthede om tuis te kom. . .