“The world is in truth a holy place.” – Teilhard de Chardin

Flits

wanneer spraak, woorde, staak
en ek stil genoeg raak
binne hierdie aardstaak
kom die diep wéét:
áls hier is kykspleet.
Hoe kon ek weer vergeet!

Lukas 9:24 want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.

Opstandeling

verbete die klou
vuurrooi gestoei dié seisoen
laat los . . .
val na mis-oes

Here, vergewe my waar ek dikwels so opstandig kan bly kleef, dít terwyl ek die krag van U opstanding kan beleef. . .

Uit Johannes 19:18 Daar het hulle Hom gekruisig. . .

ransformeer

U kruis hard
U hart sag
my kruis sag
my hart hard

Here, U weet dis sagte harte waarin Liefde klop, wat lei tot lewens wat neergelê word, ‘n kruis wat opgeneem word en ‘n wêreld wat getransformeer word.

Here, help ons om vandag stil te word, op te kyk na U waar U aan die kruis hang en ons harte oop te stel vir U sagte influistering daarin . . .